Geseënde Kersfees

Almal het gaan sit en hande gevat. Almal is stil. Die reën op die sinkdak val egter so hard dat hy harder moet praat…

“Here, dankie vir die voedsel wat vir ons voorberei is. Seën asseblief die hande wat dit voorberei het en seën die kos in ons liggame.”

Sy stem is skielik huiwerend… sy oë steeds toe…

“En Here. Dankie.”

Bewend…

“Dankie vir die reën, Here.”

Kinderlik…

“Dis regtig ‘n groot geskenk, Here.”

Byna snikkend… terwyl mens kan voel hoe ‘n groot man se hart amper skeur van die opregtheid…

“Dankie.”

Ek het dit nie verstaan nie, maar ek verstaan dit nou: Kersfees gaan nie oor geskenke nie. Dit gaan nie oor kinders op ‘n verhoog nie. Dit gaan nie oor ontvang nie en eintlik ook nie regtig oor gee nie. 
Kersfees gaan oor reën in die middel van die droogte op ‘n plaas waar ‘n boer al moed verloor het. Dit gaan oor wakker word met iemand wat jy seker was jy verloor het se arm om jou. Dit gaan oor iets so groot dat ons nie een die reg het om eers daarvoor te vra nie… tog kry ons dit. Daagliks. 

“Ek verdien dit nie. Maar dankie. Dankie vir die genade.”

Of jy ‘n christen is of nie – Geseënde Kersfees! 

Advertisements

7 thoughts on “Geseënde Kersfees

  1. Hierdie jaar was Kersfees vir my n bitter pil om te sluk. Ek kon nie by my familie wees nie en more n maand terug is my pa oorlede. Groot skok en duisend vra…ekt bietjie gesukkel om gebless en dankbaar te wees. Dan moes ek by die skoonfamilie wees en hulle is koud. Nie veel simpatie met iemand wat n pa verloor het nie…al het hulle n ma verloor. Vreemd!!
    Ek hoop tog dat jy n Geseende Kersfees gehad het.

    Like

    • Liewe, liewe mens… Ek was vir baie lank “van lyn af”. So jammer oor jou pa en só jammer dat jy alleen moes voel tussen mense; ek verstaan dit en weet dis ‘n alleenheid wat seermaak. Weet net – ek dink aan jou, al is jy vir my ‘n vreemdeling. Sterkte! X

      Like

Lewer kommentaar op Anne Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s