Honger

Dis laat. Ek kan nie slaap nie, want dis te warm en hier is ‘n bloedsuiger in die kamer (hy gaan nog letterlik bars soos wat hy aangaan). En nou grom my maag ook nog! Ek is honger… nee… ek is eintlik besonder belustig!

Cravings tref my altyd onverhoeds en ek is ongelukkig genoeg om nie daarvan ontslae te raak voor ek nie dit wat ek  crave minstens een keer geëet of gedrink het nie. (NEE… ek is nie swanger nie. Dis net hoe ek is. Nog van altyd se dae af.) Vanaand het ek so lus vir my pa se skaapkerrie dat my mond skoon begin kwyl. Daarmee saam, raak my oë ook sommer sopnat…

Diep in my weet ek ek ís eintlik honger. Maar dis ‘n honger vir iets anders as kos en dis ‘n craving wat nooit weer bevredig mag word nie. Nie as ek nie weer wil seerkry nie. ‘n Begeerte vir ‘n drukkie van ‘n pa wat ek blykbaar nooit regtig geken het nie. ‘n Hunkering na net ‘n paar kort sinnetjies wat dié keer opreg bedoel word; nie deur ‘n geldgierige manipuleerder wat sy prooi bekruip, gesê nie: 

“Ek is trots op jou.” 

“Ek is lief vir jou.”

“Ek is hier vir jou.”

“Ek belowe jou.”

Ek wens hy kon dit nou vir my sê en dat ek dit sou kon glo. Maar nou ja… ek wens ook ek het nou ‘n bord skaapkerrie voor my gehad.  Halftwaalf op ‘n Woensdagaand. 

Nou besef ek dat daar ‘n goeie rede is waarom Oups altyd gesê het: “Wens in jou een hand; dinges in die ander. Kyk dan in watter hand is die meeste.” (Jammer… kras of de not – dis Oups se woorde en dis blêrrie waar!)

Nietemin – ek wéns ek het nou ‘n lekker bord skaapkerrie voor my gehad. En ek wens op ‘n manier dis twee of drie jaar gelede… En nie eers ‘n hand vol dinges kan dit verander nie!

Advertisements

One thought on “Honger

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s