Doodmoeg

Is dit moontlik om van moegheid dood te gaan? Ek dink dit is. Dit voel of mens kan.

Waar ek nou opgekrul in die bed sit, voel ek moeg tot in my bene. Dis letterlik ‘n gevoel wat ek tot in elke ledemaat en stukkie van my liggaam kan vóél. Tog… al slaap ek, word die moegheid nie minder nie. 

Ek is nou al vir amper twee maande lank siek. ‘n Eenvoudige verkoue het my gestel afgebreek. Toe kom die griep. En nou die onophoudelike gehoes, lyfseer, kopseer, keelseer. Die gehoes raak soms so erg dat dit klink of ‘n swerm sonbesies in my kop bly en my stem is semi-permanent onvroulik hees en rasperagtig… Medisyne wil nie werk nie. Vitamien-aanvullings doen op die oomblik niks nie. Ek eet gesond. Ek durf nie oefen nie, tensy ek graag méér wil hoes.
Asof dit nie genoeg is nie, is daar werkstres… studiestres… en my rekenaar se hardeskyf het ‘n kort rukkie gelede ingekonk (en ek het in die twee weke voor dit baie hard aan my studies gewerk… sonder om aan back-ups te dink… my eie onnoselgeid) en hoegenaamd niks is herwinbaar nie…

My moegheid is besig om my van binne af op te eet, terwyl my liggaam besig is om dit fisies om te wys… En ek het nie meer ‘n clue hoe om dit te stop nie.

(Enige raad om gesond te word of net ‘n bietjie energie te kry sonder voorskrif-medikasie sál op dié stadium oorweeg word!)

Advertisements

10 thoughts on “Doodmoeg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s