Verbeeldingsvlug

Ek wil wegvlieg… wegbreek… na ‘n plek waar geen papierwerk, selfoonopvangs of e-pos my kan vang nie. Ek wil alles wat my onseker maak en my weerhou om net myself te wees eenkant los en my vlerke wyd sprei. Nes ‘n visarend!

Dink net hoe wonderlik dit sou wees!

Besef visarende ooit hoe gelukkig hulle eintlik is? Met vlerke gesprei, hoog in die lug, ver weg van enige probleme en bekommernisse. Die wêreld aan hulle voete en die toekoms oop en helder voor hulle; dale en klowe wat groen ver onder hulle oopskeur; grys strepies met water wat kos voorsien en koel-kalm blaaskanse bied… kranse en berge wat skuiling gee in selfs die ergste storms.

As ek nou enige plek op aarde kon wees, sou dit iewers op die bopunt van ‘n berg wees. Met my voete stewig geplant op ‘n groot rots, my arms gesprei, my kop na die son gekeer. Ek sou aan die ligte briesie met my vingerpunte wou vat, die wonderskoon van die natuur om my wou ruik en die sagte geluid van water wat ver onder my vloei soos die mooiste musiek in my ore waardeer…

Soms, op dae soos vandag, vlieg my verbeelding met my weg en ek wens ek dat ek net ‘n visarend was…

Advertisements

4 thoughts on “Verbeeldingsvlug

  1. Ek het gisteraand in die fliek daai gevoel gehad toe ek die pragbeelde op die skerm gesien het (The Light Between Oceans) – om vir ‘n tydlank net met jou eie gedagtes en die wye oop natuur besig te wees. En niks anders doen as net inneem en skryf, skryf, skryf nie…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s