Om ‘n streep te trek

“Jy moet begin om op een of ander stadium na jouself ook te kyk.”

Kort nadat dit my lippe verlaat het, weerklink my eie woorde aan ‘n goeie vriendin in my kop, totdat dit my so tussen die oë tref… nes die klippie waarmee David vir Goliat gegooi het. Genade, dalk moet ek op ‘n stadium na my eie raad begin luister, dink ek, hoewel ek weet ek is hopeloos te halstarrig om na sulke goeie raad te luister.

Ek het nog altyd gewens dat ek een van daai mense kon wees wat makliker kan nee sê. Nes my vriendin, wat (na my mening) dikwels toelaat dat mense met haar maak net wat hulle wil en in die proses eintlik nogal oor haar loop, is dit vir my moeilik om net nee te sê. Ek sukkel om my voet neer te sit en soos ‘n hardkoppige donkie nie meer vorentoe of agtertoe te gaan voor die situasie nie daarwerklik verander het nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie – daar is sekere dinge waar ek ‘n onskuifbare streep kán trek, soos in my werk en met sekere morele aspekte. Maar met vriende en mense waarvoor ek omgee… nie so maklik nie. Dan verdof die lyn dikwels, dit word pynlik naby aan die punt geskuif waar dit nie regtig meer gemaklik is nie. En soms is die plek waar die behoort te wees ook dof.

Vir iemand wat byvoorbeeld glo aan onvoorwaardelike liefde en vriendskap, is dit moeilik om tot op ‘n punt te kom waar ek besef dat dié eintlik nie vriendskap is nie, maar ‘n doodloopstraat. Dis vir my moeilik om mense te laat gaan vir wie ek lief geword het en daardie ontnugtering dat ek eintlik net goed genoeg was as ‘n vloerlap en toe hulle iets of iemand nodig gehad het om te help met hulle dinge of om ‘n spesifieke rol te vervul in hulle lewe maak my kwaad en diep seer. Dis vir my nog moeiliker om te dink dat iemand my gebruik het en nou ‘n vriendin, mens, vrou wat regtig groot klippe sou wegrol uit die mense waarvoor ek omgee se pad, soos ‘n nuttelose ding eenkant toe te gooi. En selfs moeiliker – om myself na so ‘n episode in die oë te kyk en te dink: “Jou sot… toe doen jy dit wraggies weer; toe tra jy sowaar weer in daardie strik… wanneer gaan jy ooit leer?”

Miskien is dit dus nou tyd dat ek na my eie raad luister. Miskien moet ek begin om van sommige mense te vergeet, hulle eenkant toe te stoot en te kyk of hulle dit enigsins agterkom. Ek twyfel of hulle sal. Miskien moet ek begin om ook na my eie hart te kyk en my siel op te pas. Tog wil ek nie sinies word nie; ek wil nie hard word nie en ek wil nie hoop verloor in die mense wat my gemaak het wat ek vandag is nie…

Om ‘n streep te trek is nie ‘n eenvoudige ding nie. Veral nie as dit ‘n streep is tussen jou en iemand wat vir jou baie beteken nie. Veral nie as dié mense weet jy is geneig om die streep te skuif of selfs daarvan te vergeet nie. Veral nie as hulle wéét dat jy nie hou van strepe trek nie.

Advertisements

10 thoughts on “Om ‘n streep te trek

  1. Almal van ons wat vir ander mense omgee, trap dikwels in daardie strik. Ons gee nie om om gebruik te word nie – eintlik hou ons daarvan. Ons voel dikwels dit is die rede hoekom ons op aarde geplaas is. Die probleem begin egter wanneer ons besef dat ons nou sommer blatant misbruik word. Dan raak dit moeilik om die situasie te hanteer, want ons hart vertel vir ons dat dit reg is, ons moet voortgaan. Maar ons verstand flits rooi ligte, slaaan brieke aan, gooi in trurat.

    Liked by 1 person

  2. Dis ‘n aaklige gevoel – wanneer mens besef dat iemand nie dieselfde waarde aan ‘n vrienskap heg, as jy nie. My dogter (11), het baie goeie raad by haar juffrou gekry, oor ‘n jarelange vriendskap wat ewe skielik suur begin raak. Jy hoef nie lelik te wees nie, en jy hoef ook nie formeel vir daardie persoon te se jy wil nie meer vriende wees nie. “You let go”, jy dryf weg. En gaan soek na ander vriendskappe. Dalk kom julle weer bymekaar uit, dalk nie, en dis ook OK.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s