Oups

Ek wens vanaand ek kon die tyd terugdraai. 25 jaar terug. Na ‘n tyd wat ek – onskuldig-gelukkig met my twee poniesterte en bekkie propvol babbelrigheid – op sy skoot kon gaan klouter waar hy voor die TV op sy Lazyboy sit. 

Ek wens ek kon net een keer weer voel hoe hy my veilig vashou, die TV afsit en begin vertel van Jakkals en Wolf. Ek wens ek kon sy stem onthou. Ek wens ek kon nog een keer; net ‘n laaste keer; sy bekende woorde hoor: “My liedjie, I love you. Buckets full!”

Maar hy is weg en ek is nie meer 9 nie…

Oups, ek mis jou. Met emmersvol trane.

Advertisements

5 thoughts on “Oups

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s