You’ve got mail

Het jy dit al ooit gekyk? Of onthou jy nog die storie? Dis ‘n 1998 klassieke romantiese film met Meg Ryan en Tom Hanks (een van my heroes). Of een van ‘n hele string wat dié twee saam gemaak het. “You’ve got mail”!

Ek is nie seker wat van die film my so aangetrek het as jong sewentienjarige meisie nie. Dalk wás ek heimlik hoopvol dat my pen-pal van daai tyd tog meer as net vriendskap wou hê; dalk was dit die mistieke idee dat mense se paaie nie sommer vir geen rede kruis nie; dalk het dit iets te doen met die vrou wat so lief is vir boeke en sentiment wsarin ek steeds ‘n stukkie van myself kan sien; dalk was dit die wete dat alles mos uitwerk soos wat dit moet… en dalk was dit net my vreeslike crush op die nerdy Tom Hanks… Ek het regtig nie ‘n idee nie. Maar daardie film se dialoog het ek op ‘n stadium uit my kop geken, so op het ek dit gekyk! Dit was my gunsteling film en een van net ‘n oaar VHS-opnames wat ek ooit gehad het.
En toe… vanaand… was dit op DsTV. Meer nog – my man het deur die marteling gesit en saam gekyk, terwyl ek dele van die dialoog vooraf al gesê het. Dit was vir my so lekker dat hy dit saam met my gekyk het! Ek weet hy wou kommentaar lewer, en hy het hier en daar. Die uitdrukking van intense aandag en kinderlike geluk op my gesig was waarskynlik al wat hom gekeer het om te veel kommentaar te lewer oor die uiters corny film, eenvoudige dialoog en naïewe karakters. 

Die film het steeds daardie magic wat my so lekker laat voel, soos wat net ou films seker kan hê. En tog is dit ook nie meer dieselfde nie. Meg Ryan se karakter (Kathleen Kelly) sien ek vanaand vir die eerste keer as ‘n uiters manipuleerbare vroutjie. Ja, sy is oulik in die film. Maar só naïef en dis asof sy nie regtig behoorlik vir haarself kan dink of besluite wil maak nie. Eerder soos die damsel in distress as die sterk rabbedoe wat ek gedink het sy was. Tom Hanks se karakter (Joe Fox) is steeds charming en slim… maar so manipulerend. Dit tref my vanaand vir die eerste keer dat hy tog ‘n bietjie skurk in hom het… selfs al vee hy haar trane af en soen haar op die ou einde sommer so skaamteloos in die park. (En eerlikwaar… wie dóén sulke goed!)

Hoe gebeur dit dat mense; dat ek; só baie verander het in die paar (okay… amper 20) jaar? Want dit tref my nou: nie net het my opvatting van die film verander nie. Ék het verander. Baie. Ek sien nie meer nét die goeie in goed raak nie. Soos in films, so ook in die regte lewe. Die flaws wat dinge minder aanvaarbaar maak… die onskuld wat nie meer heeltemal daar is nie… Ek mis dit om daarvoor te soek en ek wil steeds op ‘n manier daaraan vashou, maar eerlikwaar is ek ook bly dat my greep daarop verslap het. Dis eintlik nogal bevrydend en verfrissend om ‘n bietjie meer realisties te wees. Sonder oogklappe. Minder naïef. 

Advertisements

5 thoughts on “You’ve got mail

  1. Ja, jy begin beslis later in jou lewe meer nugter dink, as ek dit so kan stel, solank dit nie ontaard in ‘n siniese uitkyk op die lewe nie. ‘n Tikkie romanse in ‘n fliek (en in die werklike lewe so nou en dan) is lekker. Wat wel ook verander is die idee van wat nou eintlik romanties is – ek sal verkies dat my man my lemoen vir my afskil eerder as om my ‘n natleksoen in ‘n parkie te gee.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s