Geskenk – ‘n gedggie vir jou

So ek het nou al seker vyftig blogs begin tik en dan net besluit dat ek nie klaar wil skryf nie… of iets val voor en ek raak besig en dan word dit net nooit voltooi nie. Dis vreemd, want ek maak gewoonlik klaar waarmee ek begin, en opgee of moed verloor bestaan vir my net in ‘n woordeboek. Oor die volgende paar weke, neem ek voor om ten minste net ‘n paar van my halwe stukke klaar te maak.

Intussen… ek haat mos eintlik goed wat rym, maar hier sit ek nou met ‘n rymding wat iets wil-wil word.  Dalk kom dit met (redelik baie) timmer nog reg.

Geskenk

Mag ek vir jou ‘n ster gaan pluk
uit die hoogste hemelruim?
Ek sal vir jou jou naam opsit
en die maan daarop laat skyn.

Kan ek vir jou ‘n palm plant
in die droogste droë woestyn?
Ons kan daaronder piekniek hou
ek’s net bang die palm kwyn.

Ek wil vir jou ‘n berghuis bou
maar ek’s bang dis bietjie klein
Die liefde wat ek het vir jou
benodig iets meer ruim.

Sal ek vir jou myself maar gee
al is dit nietig; klein?
Ek sal vir jou my hart insluit
as geskenk – opreg en rein.

Advertisements

3 thoughts on “Geskenk – ‘n gedggie vir jou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s