Iets oor liefde

Die liefde… bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie.
(1 Kor. 13:7-8)

 

Vir jou het ek ‘n brief geskryf
maar die ink’t geloop
tot waar net een mens
dit weer kan vind.
Tot in die see’t dit weggedryf,
ver anderkant die punt van hoop
tot waar ek wens
jy my kon vind.

 

Ek sal altyd glo in en hoop vir jou liefde. Ek sal aanhou glo dat, as jy net wil, dit alles wat in die verlede gebeur het sal kan bedek, dat dit ons altwee sal toelaat om die verlede te aanvaar en dit te verdra… uiteindelik ook daarvan te vergeet. Ek sal altyd hoop dat ons liefde nooit sal vergaan nie, want vir my sal dit nie. Ek wens net jy wil vir ‘n oomblik langer saam met my vashou en saam met my probeer. 

Advertisements

5 thoughts on “Iets oor liefde

  1. Ja, diep emosies kan diep woorde voortbring. Sterkte vir jou strooimeisie. Ek wens ek kon julle 2-kies inboek by ‘n huwelikskamp. Daar vind soveel wonderwerke plaas, dit is wanneer man en vrou weer trou en hulle beloftes aan mekaar weer hernu. Natuurlik met die hulp van die Here. Dink gerus daaroor … want ons dien ‘n God wat spesialiseer in wonderwerke!

    Like

Lewer kommentaar op perdebytjie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s