If I could go back…

Wat sou jy doen as jy kon teruggaan? 

Ek het iets geleer in die afgelope week (letterlik die laaste sewe dae). Mense wat sê jy moet “laat gaan” en jy moet “net stilbly”, het nie ‘n clue nie. Stereotipiese opmerkings soos “it’s better to have loved and lost, than never to have loved at all” kom uit mense se monde wat nog nooit liefgehad het nie of nie regtig weet wat liefde of die verloor daarvan behels nie. Hulle verstaan nie hoe seer sommige mense al gekry het nie. Hulle weet nie hoe lief ‘n mens vir iemand anders kan wees nie. Hulle het nie ‘n idee hoe hard ‘n mens gaan probeer om iemand waarvoor jy lief is, te stop om jou of julle weer seer te maak nie… ten spyte van wat jy wéét die nagevolge gaan wees. En hulle het nie ‘n benul hoe goor dié gevolge van liefde en omgee kan wees nie. Hulle besef nie dat liefde wat een keer gebreek is, lei tot spanning en angs en (in my geval) waansin, nét omdat jy probeer keer dat dit weer gebreek word nie.

As ek kon teruggaan, al is dit nét ‘n week terug, sou ek vir myself sê:

Moenie so lief word vir iemand dat daardie persoon se aksies jou lewe en optrede beïnvloed nie, want hulle is waarskynlik nie lief genoeg vir jou dat jy hulle op dieselfde manier beïnvloed nie. Moenie so lief word vir iemand dat jy julle as ‘n onbreekbare span begin beskou nie, want spanne werk klaarblyklik net vir ‘n rukkie en dan is dit verby. Moenie soveel vir iemand omgee dat jy voel jy kan jouself wees saam met dié persoon nie; skaterlag of huil – hou jou ware emosies vir jouself, want as dié persoon jou die dag wil breek, sal hulle wéét hoe en waar die hou die seerste gaan tref. Moenie so lief word vir iemand dat hulle elke oomblik van die dag in jou gedagtes draai nie. Moenie so lief word vir iemand dat jy kort-kort wonder wat jy kan doen om dié persoon se dag beter te maak nie; hetsy deur weg te glip by die werk en middagete vir hulle te vat, koffie aan te dra, iets lekkers vir aandete te maak, ‘n vakansie te beplan of iets romanties-sensueel te google… jy mors jou tyd en op een of ander stadium sál dit in jou gesig teruggegooi word. Moenie so lief word vir iemand dat jy aanhou vertrou, aanhou probeer, aanhou glo en aanhou hoop op goeie tye as dinge sleg raak nie; jy bepaal nie die eindeinde nie, en as daardie persoon nie vir jou so lief is soos jy vir hom nie, dan beteken jou liefde sweet blou bogger-all… onvoorwaardelik of de not… want soos wat “beauty in the eye of the beholder” is, só is liefde ook “in the heart of the holder”. En moet nóóit so lief word vir iemand dat jy in jou eie blindheid begin glo dat daardie persoon enigsins ‘n veer vir jou voel nie; kans is goed dat hy juis nié doen nie en eendag vir jou gaan lag en jou onnosel gaan noem as jy dit besef.

Makliker gestel: moet net nooit te lief word vir enigiemand nie. Want eintlik is dit jou eie liefde wat jou die seerste kan maak en jou uiteindelik kan breek.

Shit. Dis te laat.

(Naskrif… ten spyte van als: Ek is lief vir jou. En ek blý lief vir jou. Dis die punt. Asseblief, kan ons nie na hierdie punt toe werk, pleks van weg daarvan af nie? Kan ons nie net van hierdie punt af buitentoe werk en al die crap saam oplos nie; ten minste net probeer om mekaar weer in al die chaos te vind nie? Kan ons nie net weer teruggaan na waar jy my ridder en ek jou prinses is, en ons die wêreld saam kan oorwin nie? Want ons kán. Ons het net vergeet om mekaar te onthou.)

Advertisements

13 thoughts on “If I could go back…

  1. My hart word van voor af seer as ek die lees. Niks kan so iets troos nie. En tog gaan ek anyway my storie deel en hoop dit laat jou smile….net so bietjie

    Ek kan vir jou eerlik vertel, ek was en is aan altwee kante. Ek was al so lief vir iemand dat ek myself heeltemal verloor het maar hy was heel okay sonder my. Bliksem, daardie seer kom skud jou wakker in die nag en verwurg jou tot jy snot en trane 3uur die oggend in jou kussing huil. Jy veg vir daardie persoon se liefde soos ‘n dier in ‘n wip vir sy lewe veg en dan vrek jy. Jou doppie loop nog rond maar jy vrek, stink vrek (gaan gepaart met baie wyn drink as jy al oud genoeg of skelm genoeg is)

    En dan, iewers down the line na jy alle liefde afgesweer het en jy dink jou hart is niks behalwe charcoal….kom daar iemand en bou ‘n vuur binne jou. Die REGTE iemand, wat nie jou alles wil wees of jou alles wil hê nie. Nee, hy soek jou nes jy is en hy vat wat jy kan gee. Hy probeer jou nie “fix” nie en verkoop nie die idee van ewige liefde nie. Hy is maar net daar om jou lief te hê. En voor jy sien, is jy ‘n beter jy. Die JY wat daar was voor jou hart gebreek het maar ‘n wyser meer awesome jy. Ek sal nooit wil terug gaan nie want dan kan ek nie my panserpak kry nie en dalk ook nie my soldaat nie. Want nou is ons nie ‘n span….ons is ‘n freaking army en hy sal okay wees sonder my maar ek sal ook okay wees sonder hom. En dit liewe strooimeisie, het my bang weggejaag.

    Liked by 5 people

    • Maar wat as jy presies daardie awesomeness saam met die persoon gehad het? Wat as jy dit nie saam met iemand anders wíl hê nie? (Flip, jy het my nou sommer van voor af in trane. Dankie vir die deel, maar ek kan nie nou om die hoek in my pad sien nie… en ek weet nie of ek regtig wil nie.)

      Like

      • Ek hoor jou. Jy het iemand nodig wat saam jou vir ‘n rukkie in die poel van life fucking sucks kan rondswem. Iemand wat vir jou KFC bring en niks sê oor jou hare wat kak lyk nie 😉 Phone a friend en wees dikbek vir ‘n rukkie. Ek was vir twee jaar een vieslike dikbek swartgallige ou bitch en ek’t twee vriendinnne gehad wat my gelos het om so te wees. Soms moet mens net jou toys gooi, man, maar ek belowe, op een of ander weird way gaan dit uitwerk. Moet dit net nie inhou nie hoor

        Liked by 3 people

  2. Dit is erg as jy vir iemand lief is en daardie persoon is nie SO lief vir jou nie (ek weet) en dit is erg om te te glo dat jy beter verdien, iemand wat jou ook lief het soos JY lief het en dit is erg om te aanvaar dat dat jy nie my iemand kan bly wat nie vir jou so lief is nie…. mens wil ook nie by iemand wees wat nie by jou wil wees nie – ai dit is moeilik, sterkte. Gee tyd net tyd.

    Liked by 1 person

  3. Ek het eenkeer, daar heel aan die begin toe ek jou blog ontdek het, vir jou gesê dat jy jouself nie moet geringskat nie, dat jy ‘n groot vermoë het om te lief te hê … ek wil nou vir jou byvoeg dat jy die innerlike krag het om teleurstelling te bowe te kom, dat jy die vermoë het en die geleentheid sal ontdek om weer gelukkig te wees. Jy is ook die enigste persoon wat kan besluit watter paadjie jy moet loop en jy moet die pros en die cons oorweeg: ek gaan terug op my ou voetspore (wetende dat my lewe nooit weer 100% dieselfde kan wees nie) of vorentoe (terwyl ek weet hoe moeilik dit gaan wees om nuwe spore te trap). Jy is braaf genoeg om dit te doen. Sterkte.

    Like

      • Ai Strooimeisie, ek hoor die seer agter jou vraag, maar ek staan nie in jou skoene nie en ek hoor / ervaar net jou kant van die storie. Volgens wat jy hier vertel, het jy alles probeer en jy kry elke keer dieselfde reaksie – vernedering, verwerping, “stonewalling”. Hoeveel keer kan ‘n mens jouself sny voordat jy flenters is? Dalk het julle twee ‘n bietjie ruimte nodig (letterlik en figuurlik) en dan kan julle albei die saak meer objektief beskou. Onthou net dit – (1) jy kan nooit ‘n persoon dwing om jou lief te hê nie en (2) die lewe is kort en gaan gouer verby as wat ‘n mens dink; jy kry nie weer ‘n tweede kans om oor te leef in die hoop dat jy beter gaan doen nie.

        Liked by 1 person

  4. Agnee wat man, jy het mos baie ‘tools’ aan jou wat daardie man van jou weer kan terugverlei. Wys hom die lewe is lekker. Gaan koop vir jou ‘n sy-2-piece-dingetjie. Vertel hom vanaand jy is lief vir hom en sal hom nie laat gaan nie. Hy moet weet jy mis sy warmte en dat jy jammer is oor skerp-woorde. Trap jou trots en vra om verskoning … Dis nie ingewikkeld.
    Veg vir hom, dis die moeite werd. Hy is joune, en jy sal hom terugwen met liefde.
    Jy mag verras wees. As hy voel jy is die skuldige, belowe hom dat jy gaan probeer verander. Dat hy jou rigting moet gee daarin … raak bietjie meer ‘n afhanklike ou dingetjie, en moenie voorsê.
    ‘n Man wil koester, en beskerm. Hy wil die broek dra, en moet tog nie so selfstandig optree nie, nee …. laat hy jou troetel. Wees kwesbaar. Die probleem met ons vroue vandag is, ons is te selfstandig, te sterk … manne like dit nie.Hulle wil jou jag en beskerm … Hulle wil leier en hoof wees. Die goed is mos so gemaak deur onse Here.

    Raak bietjie stiller, sagter … laat hom wonder wat in jou mooi koppie aangaan. En maak jou mooi – baie mooi! Konsentreer op die dinge wat hom eerste na jou gelok het.

    Begin ek gaan koop nuwe beddegoed …. spesiaal net vir hom!

    Like

  5. Sjoe, ek ken daai gevoel. Ek was vir jare bitter baie lief vir iemand wat net nooit ooit oor my gevoel het soos ek oor hom nie.. dit bly tot vandag toe nog seer!

    Aan die anderkant was ek lief gehad deur iemand vir wie ek nooit so lief was soos hy vir my nie nie, ek hoop nie dit maak hom vandag nog so seer soos ek het nie… ons is gelukkig nou goeie vriende.

    Anders as my groot liefde.. ons kan nie vriende wees nie.

    Nou is ek getroud…ons is lief vir mekaar…dis al

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op strooimeisie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s