niks

Hoe raak mens weg? Hoe word jy niks? Hoe kry mens dit reg om jouself weg te steek van seer? 

Ek wil nie slaap nie, want ek weet ek gaan wakker skrik as die nagmerries te erg word. En as dit gebeur, gaan ek alleen myself moet kalmeer tot die slaap weer kom. Dis verskriklik; veral terwyl almal om my onbewus is van die monsters wat my jaag. Selfs my ridder, my held, my vriend, my lief… my verlater. 

Shit, dit maak nie saak hoeveel keer ek dink ek gaan nou nie meer seerkry nie en ek is nou alles gewoond – ek lieg net vir myself. Daar is niks wat so aanhoudend seer kan maak soos liefde wat nie aanvaar word nie. Niks so verminkend soos die opvlam van hoop en geluk wat net skielik geblus word nie. Niks so uitmergelend soos hoop wat vergruis word nie.

Ek het iewers tussen laasweek se skaterlag en dié week se jaloersheid weer geval – ek was iets, toe word ek weer niks. Hoekom is dit vir hom so maklik om my so af te skaal tot iemand wat skaars bestaan as hy my wêreld is, al doen hy ook wat? 

Soms wens ek dat ek eerder nie die glas daai dag stukkend gegooi het nie. Soms wens ek, ek was eerder regtig net niks.

Advertisements

5 thoughts on “niks

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s