Kop-verkoue

Terwyl ek besig is om die duisendste episode van Castle te kyk, kan ek voel hoe die skuldgevoel aan my gewete pluk. Ek weet ek moet eintlik swot. Ek weet ek moet voorberei vir die week. Ek weet ek het nodig om myself eerder in te grou in navorsing en goed wat my brein aan die gang kan laat kom. Maar ek is moeg en lui; seker heel gepas vir ‘n Sondagaand.

Hiperaktief? Dis meer aandagafleibaarheid as jy my vra. Met my slimfoon oop op WordPress, my tablet oop op Candy Crush (ja… skuldig… ek is effens verslaaf… ten minste jaag ek nie Pokèmons nie), my honde warm om my gerangskik en ‘n Deon Meyer nie té ver nie, is dit mos die perfekte setting!  

Die ding is… dit is nie. My kop draai steeds op allerhande plekke en ek betrap myself kort-kort waar ek droomverlore net sit en dink aan allerhande “wat as”-scenarios.

Wat as daar een of ander wonderwerk gebeur en ek per ongeluk aspris ‘n fantastiese pos in die Kaap losslaan (asof dít sal gebeur; ek is ‘n realis en besef maar net té goed dat ek nie sommer die pos sal kry nie). Wat as ek en my viervoetige kind soggens voor werk op die strand kon gaan stap (yeah right… ek is nie ‘n oggendmens nie, so kom ons maak dit eerder die aande ná werk)… en wat as dié die nuwe en vars begin is wat ons nodig het… Wat as my man my ondersteun en saamgaan… Dit sou ongelooflik wees!

Wakker word, Strooi. Jou kop-verkoue maak jou koorsig. Jou koors laat jou yl. En duidelik is jy nou besig om nou in jou koorsagtigheid nou selfs al lugkastele te verf! Nou… gaan google cheat sheets vir Candy Crush. Dit raak nou tyd om aan te beweeg!  


Advertisements

6 thoughts on “Kop-verkoue

  1. Weet te goed waarvan jy praat. Ly erg aan chroniese kopverkoue. Of droomverkoue. Wel, soms. En dis so lekker om sommer net te sit en droom. Soms kom mens so op die mooiste gedagtes en oomblikke af.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s