Dis net so

(Nie gemik op enige spesifieke persoon of insident nie. Net ‘n saamgevlegde gevoel ná ‘n besige dag met terselfdertyd te veel en te min gedagtes, ontdekkings en dinge.)

Dis sad.

Om smileys te kry van iemand wat jy voor jou siel weet nie smile nie. Om te dink aan mense en opreg te verlang, terwyl jy seker is dat hulle lánklaas aan jou gedink het. Dis hartseer as mens hoop vir eenvoudige goed – soos ware vriendskap, eerlikheid, opregtheid… net egtheid in die alledaagse dingetjies – maar weet dat daardie goed so skaars is soos ‘n Flake wat nie ge-dip is nie… as dit ooit nog bestaan!

Wat het die sosiale media met ons gedoen? Was die idee met Facebook, slimfone en verskeie middels tot kommunikasie – Whatsapp, Bbm, Snapchat, Messenger, Google-chat… wat ook al nog – nie juis om mense nader aan mekaar te bring nie? Ons sit vandag letterlik aan mekaar se vingerpunte, maar nogtans is ons besig om voeling te verloor met dit wat eg is. En ons jok. Konstant. Oor dinge wat goed en mooi is, goed wat ons kwaad maak… en ons sê ons het kontak met mekaar, ons gesels kort-kort… maar eintlik het ons nie ‘n clue nie. Ons wil nie eerlik wees nie, ons wil nie wys wat regtig in ons aangaan nie en… wil ons dit regtig van ander ontvang?

Ons het eintlik, ten spyte van als, heeltemal kontak verloor. Met mekaar, ja. Maar ook met onsself.

Dís flippen sad!

Eerlikwaar? Ek is gatvol vir spoke wat my jaag. Ek is moeg vir ander se foute wat my probleme word. Ek is nie lus vir môre by die werk nie en my swottings vreet ‘n gat in my kop; laat my voel soos die onnoselste mens op aarde. Blykbaar moet dit so wees; ek dink dis simpel. Ek begeer behoorlike uitdagings. Real-life goed wat my dwing om strategies te dink en probleme kreatief op te los… Ek mis vriende wat ek nie meer het nie, plekke waar ek nog nooit was nie en dinge wat ek nog nooit gedoen het nie. Dis vreemd. En ek mis jou. Onbeskryflik baie.

So… regtig nou… hoe gaan dit met jou?

Advertisements

8 thoughts on “Dis net so

  1. ,Ek het ‘n dak oor my kop en daar is kos in die kas, en ek hoef nie meer my siel te verkoop vir geld nie so dit gaan baie goed dankie. en hier is ‘n rerige smily vir jou, een uit die hart 😉

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s