Letters of note

Iemand het my eendag, amper ‘n hele leeftyd gelede, aan hierdie webwerf met briewe voorgestel. En van toe af verslind ek dit!

Dis mos maar een van my grootste wense om eendag op ‘n kissie iewers af te kom vol ou liefdesbriewe wat ‘n dapper outjie in die oorlog (of iets) vir die liefde van sy lewe geskryf het. Dit sal natuurlik fantasties wees as die kissie die jonge dame se antwoorde op sy briewe bevat het… en selfs nóg beter as mens kon weet dié twee het vir altyd en ewig gelukkig saam gelewe. Regtig gelukkig. Soos in The notebook… Ag, ek is so ‘n sucker vir hierdie soort goed. ‘n Hopeless romantic. Ek weet dit en ek maak nie meer verskonings daarvoor nie.

By die huis het ek ‘n trommel vol ou foto’s. 90% van die mense daarop ken ek van geen kant af nie. Dis piepklein swart-en-wit kiekies… op sommige weet ek dis my oupa as klein seuntjie of selfs as baba in my ouma grootjie se arms. Ek wéns ek het geweet wie almal is en hoe hulle by my familie inpas. Maar ongelukkig glo ek niemand sal my ooit hiermee kan help nie. Dié wat sou kon help, is nie meer hier nie.

In elk geval… Letters of note is ‘n ongelooflike plek om te gaan snuffel vir leesgoed. Vir mooi goed. Vir nostalgie en pragstukke. Soms skaterlag-snaaks, soms snesie-snuffend-hartseer, soms net mooi. Elkeen van dié briewe is wat briewe eintlik behoort te wees – skatte wat in woorde verweef is.

Hier is ‘n brief wat ek vandag gelees het, wat vir my nogal baie mooi is… veral die laaste paragrafie is vir my so besonders:

Hang on to your hat. Hang on to your hope. And wind the clock, for tomorrow is another day.

Advertisements

12 thoughts on “Letters of note

  1. Hello…. toe kom loer ek hier by jou ook in 🙂 As kinders op die plaas was daar so ‘n kissie met die mooiste poskaarte en briewe in. Dit was korrespondensie tussen my oupa en ouma…. maar alles was in Hollands.
    Op sestien jarige ouderdom trek ons na ‘n ander huis toe…. en daar in die agterkamer kom ek op ‘n boks vol liefdesbriewe tussen die vorige eienaar en sy vrou (toe hulle nog nie getroud was nie) af. Dit was heerlik om dit te lees 🙂

    Liked by 2 people

  2. Awww, dis baie mooi. Ek was altyd ‘n “hopeless romantic”, maar ‘n groot teleurstelling het my “genees”. Ek lees nie meer romanses nie, eerder speur en moord stories. Dis awesome om te hoor dat daar wel mense is wat nog in romanse glo.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s