Verandering

Ek lees gewoonlik op ‘n Sondag van  die blogs wat ek hier volg. Ja – as die tipiese leesverslaafde wat ek is, wat daarvan droom om in ‘n groot antieke biblioteek weg te raak, wat boeke opsnuif asof dit die storie dieper maak en haarself inleef in haar lees, raak ook dikwels weg in die skryfsels van regte mense en mede-bloggers!

Vandag het ek ook een of twee van my eie skryfsels van ongeveer ‘n jaar gelede gelees. Jitte, maar ek is regtig nie meer dieselfde mens nie. Of ek is, maar ook anders… en dis eintlik nogal cool! Ek moet bieg – ek hou meer van wie ek nóú is as die persoon wat ek ‘n jaar terug was en ek wil nooit weer teruggaan na daardie tyd in my lewe nie. Toe was die emosionele pyn in my soos ontsteekte wonde en elke gebeurtenis was vir my ‘n berg was wat ek moes uitklim.

Vandag is ek dankbaar vir die groei en die verandering wat dié seer my gebring het. Seer en ongeluk is goor, maar soos daai dik (kots-)slegte kasterolie wat my ouma grootjie my vir énige olikheid probeer force-feed het, maak dit mens regtig net sterker. En ek is bly ek het dié verandering en groei toegelaat.

Advertisements

8 thoughts on “Verandering

  1. Verandering is een van die pragtigste en lelikste dinge in die lewe. Ons kan verander in ‘n tuin rose of ‘n vuilishoop. Maar ons groei altyd… Ons moet net kies of ons wil mooi inneem of ons net die gif wil intrek…. sjoe jy laat my diep dink. Ek groei altyd mooi as ek jou raaklees. Dankie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s