Play… repeat… play… repeat…

Dit voel asof daar ’n plaat in my kop vashaak. Iets gebeur… en ’n rukkie later gebeur iets soortgelyks… en dan gebeur dit nog ’n keer. Dit dryf my teen die mure uit! So irriterend soos ’n plaat wat vashaak, so gefrustreerd is ek op die oomblik met myself, want dit voel asof ek nie ten volle in beheer is nie. So, hier volg ’n paar feite oor Strooimeisie (ja, dit verklap baie oor my huidige gemoedstoestand… of -bekakking… nes jy dit wil interpreteer):

  1. Sy is ’n regte egte mens met regte egte gevoelens. Sy maak ook regte foute en dit haunt haar gewoonlik.
  2. Sy loop dikwels met haar emosies wat soos helderkleirige flyers teen haar voorkop vasgeplak is… niemand hoef ooit te wonder hoe sy regtig voel nie.
  3. Sy is nogal naïef en raak eintlik heeltemal te vinnig te geheg aan mense.
  4. Sy soek altyd die goeie dinge in mense en kies om dit raak te sien – al is dit diep begrawe – eerder as om op die ooglopende slegte of negatiewe te fokus.
  5. Sy moes eintlik al teen dié tyd geleer het dat mense, selfs al raak sy geheg aan hulle en glo wat hulle belowe, eintlik nooit so volkome vertrou kan word as wat sy wil nie.
  6. Sy wonder of sy regtig nog moet vashou aan die gedagte dat daar iets pragtigs in elke mens skuil, en of sy nie maar in alle gevalle moet begin verwag dat sy gaan seerkry nie.
  7. Sy is op die oomblik gereed om net alles te los en die vlaktes in te hardloop… al wat haar keer is die kouefront wat glo aan die kom is.
  8. Sy het eintlik regtig ’n vakansie nodig waar sy niks hoef te doen of te dink nie, maar sy weet dit gaan haar vreeslik skuldig laat voel, so sy soek redes waarom ’n vakansie nie nou sal werk nie.
  9. Sy is sommer in plain Afrikaans net gatvol vir seerkry en teleurstellings – as gevolg van mense, werk, studies… you name it.
  10. Sy leer gewoonlik vinnig… behalwe as dit uit haar eie foute is.
Advertisements

5 thoughts on “Play… repeat… play… repeat…

  1. Aijai! Jy verwoord gevoelens wat baie van ons al so beleef het. Selfs die “skuldig” voel oor vakansies. Ek het geleer mens hoef nie altyd geld te hê om op ‘n vakansie te gaan waar jy weer by “jouself” kan kom nie. Die natuur verrig wondere vir my. Kyk of jy nie iewers gratis daarheen kan wegbreek nie, ken jy nie iemand met ‘n plaas of ‘n stukkie mooi “natuur”-eiendom nie? Dis genesing vir die siel en gees …

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s