“Ek weet nie”

Daar is baie goed wat ek nie van hou nie. Verkeersreëls wat oortree word. Rugstekery. Tweegesigte. Ek hou nie van witsjokolade (wat eintlik net dik suikermelk is) of brusselse spruitjies nie. Ek kan nie kamma-koffie (meer sigorei as koffie) in my lyf kry nie. Swart suikerlose groentee is vir my maar vrek sleg. Maar die ding wat ek die laaste tyd die meeste begin háát het, is die drie opeenvolgende woorde, “ek weet nie”.

Dalk is dit omdat ek grootgemaak is om die bul by die horings te pak en geleer is dat probleme gemaak is om so gou moontlik op te los; dat elke vraag minstens een antwoord moet hê. Dat daar áltyd ‘n oplossing of antwoord is; mens moet net lank genoeg soek of lank genoeg dink.

As jy nie weet nie, maak ‘n plan. Lees die navorsing. Vra mense met werklike kennis. Google gesaghebbende bronne; nie allemanskennis nie, want dit beteken sweet-blou-bôgger-all en maak mens net meer deurmekaar. Oorweeg alles… Besluit.

Ek het nie antwoorde vir alles nie, en ek hoop nie ek kry ooit al die antwoorde nie vir alles nie, want waarmee sal ek dan my siel voed? Maar ek sal verewig soek na antwoorde op watter vrae ook al in my rigting geswaai word.

Wat wil jý vanaand eet?
Gaan ons iets lekkers doen die naweek?
Waarheen wil jý gaan?
Wie wil jý nooi?
Moet ék eerder ophou probeer?
Moet óns als eerder net los?
Is ék besig om nou net my naam te plank?
Is jy enigsins nog lief vir my…?

Ek haat die antwoord. Elke keer. Net drie woorde. En ek wens ek kon dit omtower in “ek lief jou”… maar waar kry ek daardie mag?

Ek wens ek weet… maar ek weet nie. En ek weet jy weet ook nie. En ek háát dit.

Advertisements

7 thoughts on ““Ek weet nie”

  1. “Dalk is dit omdat ek grootgemaak is om die bul by die horings te pak en geleer is dat probleme gemaak is om so gou moontlik op te los; dat elke vraag minstens een antwoord moet hê. Dat daar áltyd ‘n oplossing of antwoord is; mens moet net lank genoeg soek of lank genoeg dink.”

    Like

  2. Dalk lê daar meer in die misterie as in die antwoord. As jy die antwoord het, is die misterie weg. Dalk is dit tog belangrik om soms net hoop te hê daar waar daar nie ‘n antwoord is nie. Dis moeilik.

    Like

  3. Jy kan ‘n eier in my alie kook as ek vra: Wat wil jy eet vanaand? Ek weet nie OF wat wil jy eet!! Mens ek haat dit.
    Ek wroeg ook met soveel vrae op die oomblik en ek kan net nie ‘n antwoord vind nie. Dalk moet ek net geduld hê om die antwoord te kry…. ek weet nie!

    Like

  4. Dalk weet jy, maar jy wil nie weet nie. Moenie wroeg daaroor. Later, baie later, kom aanvaar. En dan is daar nog ‘n lang pad om te loop.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s