Springmielies

Ek betrap myself elke af en toe waar ek sit en wonder oor die grootste nonsens onder die son. Toe Oups my geleer het om altyd vrae te vra, is ek seker hy het meer intelligente vrae bedoel. Oups het altyd gesê mens moet antwoorde op jou vrae soek… totdat jy dit kry… ek dink hy sou Google ge-love het!

Ek sit toe ook nou net en TV kyk, toe ek onthou dat daar nog ‘n pakkie  springmielies iewers in die koskas moet wees.

Die pakkie is gevind onder ‘n halwe pak blou Simba-tjips. Terwyl my mond begin water en ek trippel van opgewondenheid op die koue teëls, het ek getrou eers ‘n koppie water vir ‘n minuut lank in die mikrogolf warm gemaak (dit werk regtig en meer pitte pop as mens dit wel doen). Die plastieklagie is afgetrek en die sakkie is netjies in die middel van die mikrogolf se draairak gesit… en toe wag ek… vir daardie eerste lieflike pof… en daardie eerste snuifie van die botter…

Ek hou van dubbel-botter geur… Pick n Pay s’n. TNT s’n is ook lekker, maar terwyl ek nog die laaste stuipstrekkings van ‘n groot bouprojek aanskou, is my sak plat. Dan is No Name-springmielies eenvoudig al springmielies wat ek ken en TNT-springmielies is in ‘n klas ver bokant my begroting. Daardie R8 op ‘n pakkie duurder is R8 minder wat ek hoef te spaar om my bouskuld af te betaal. Soms is R8 flippen baie!

Terwyl die pitte spring in die sakkie, val die vraag my by: hoe is springmielies ontdek? En wie het die eerste pit laat pop?

Ek glimlag skelm-skeef vir die mikrogolf. Ek kan net dink hoe groot die arme siel moes geskrik het! Dit was waarskynlik ‘n moeë ma wat pap moes kook en kortpad wou vat deur nie die mieliepitte te maal nie, en boonop vergeet het om water in die pot te gooi.

Imagine that! Iewers staan ‘n antie eendag en ontbyt maak, die volgende oomblik word sy in haar eie kombuis aangeval. Deur mieliepitte! Ek wonder of sy gekoes het, heeltemal platgeval het of die pot geskop het? Dalk het sy omgespring met die paplepel in haar hand… reg om ‘n pakslae uit te deel… Haha – ek glo darem nie!

Kort voor lank is die hele kombuis gevul met daardie reuk wat selfs die grootste mielie-hater nie eers kan weerstaan nie. My honde staan om my en trippel; net so opgewonde soos ek, want hulle weet Ma deel graag. Alleen-eters kom immers nie in die hemel nie. Ek brand myself amper met die stoom toe ek die papiersakkie oopmaak. Hmm…

Die bak was reeds half toe ek lomp onder die kombers op die bank inklouter en die honde hulself styf teen my inwurm… Dit gaan lekker wees… nou moet ek net ‘n goeie film kry om te kyk!

(As jy nou ook nuuskierig is – my vraag is nie bevredigend beantwoord nie, so ek kan jou nie help nie. As jy dalk ‘n beter antwoord as dié een kan opspoor, laat my asseblief weet!)

8 thoughts on “Springmielies

  1. As die beursie REGTIG plat is, koop sommer ‘n sakkie gewone, outydse springmielies. Dis nou die soort wat nie vooraf gegeur is nie. Dit werk net so goed! Jy sit dit in ‘n groot, sterk plastiekbak en ONTHOU DIE MIKROGOLFDEKSEL, anders is jou hele mikrogolf vol springmielies. ‘n klein bietjie botter onderin en as dit gaar is gooi jy lekker BAIE sout oor. 🙂

    Like

  2. My man (my amptelike google wat allerhande useless information in sy kop ronddra om ons mee te vermaak), sê popcorn is reeds 5000 jaar gelede ontdek, so jy kan dalk net reg wees oor die droë pappot. Dis in elk ‘n goeie storie en ‘n mens mag nie toelaat dat feite in die pad staan van ‘n goeie storie nie. 😀

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s