Ironies

Dit tref my vanmiddag soos ‘n klip tussen die oë… die laaste paar frases in Jack Parrow  se ‘Vraagstuk‘ (ek weet, ek weet, maar ek luister mos amper enigiets solank dit nie techno is nie)…

‘n Vriend het my amper twee jaar gelede aan dié liedjie bekendgestel en dis nogal iets waarna ek kan luister. Vanaand het ek egter, ná ‘n verskriklike lang dag wat net nie wou klaarkom nie, skielik aan dié woorde gedink:

So wie gaan by my staan in die koue oggendryp
Wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip […]
Want vriende bly vriende maar jy staan eintlik alleen
As die donderweer slaan, staan jy alleen in die reën
As die vloede kom, soek jy alleen vir ‘n brug […]
As ek op die dood is, wie gaan langs my bed sit en vir my bid
Wie gaan in die grys mis blomme op my graf sit […]

Die man met die snaakse afdakkie op sy kop praat (want hy rap dit) nogal waar. Eintlik is ons almal net alleen wanneer ons regtig mense nodig het. Ten spyte van alles wat ons doen en soms selfs ten koste van ons opregste pogings, is ons eintlik alleen. Dis meer ironies as wat Alanis haarself dit ooit kon verbeel en dis vir my só hartseer.

Maar dis nie waar dit stop nie.

Ons doen goed vir ander en verwag niks terug nie… want hulle sal tien teen een niks teruggee nie. Ons behandel ander soos wat ons behandel wil word, maar ‘mag nie’ verwag dat ander ons wél so sal behandel nie.

Hoe werk die samelewing? Of eerder, werk dit?

Op moeilike dae wat gelaai is met frustrasie en spanning, wens ek dat hierdie ironiese waarheid nie waar was nie; dat iemand vir my sal kyk en dit sal bedoel dat ek eintlik nie té pateties is nie; dat dit wat ek gedoen het eintlik nogal goed en oulik is; dat ek daardie drukkie, waardering en respek sal kry wat ek nie durf vra nie. Net omdat dit een dag is wat ek dit verdien… en regtig so af en toe nogal nodig het.

Advertisements

5 thoughts on “Ironies

  1. Ek het lankal opgehou om erkenning van enige iemand te verwag,dan is daar nooit teleurstelling as dit nie gebeur nie.Van my eie kant af gee ek baie erkenning aan ander,want ek weet hoe elkeen daarna smag.Dus sê ek hier vir jou…jy is ‘n baie talentvolle mens met diep insig in die lewe!

    Like

  2. Dit is merkwaardig hoe blogs my herhinner aan dinge wat ek vir ‘n baie lang tyd nie aan gedink het nie. :Ironies” herhinner my aan die boek Searching for reality wat ek meer as 20 jaar terug gelees. Ek het pas ‘n draft geskep met die titel: Die onlogiese, ondenkbare, ondankbare gebed.

    Like

  3. Ai meisie, die lewe klap dikwels so seer. So loop almal van ons dikwels deur. En dit is hoekom ons so begrip vir jou het – ons almal is al geklap. Jy weet egter hoe hoog ons jou waarde aanslaan, hoe jou talent en deursettingsvermoe en ywer so baie van ons inspireer. Vir my is jy ‘n sprekende voorbeeld van “Never say die, get up and try!” Hou so aan – moenie halfpad deur die storm gaan stilstaan nie. Die storm staan ook stil. Loop deur hom, anderkant uit – die son skyn daar.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s