Daai Sondag-gevoel

Hoe vreemd is dit nie – ‘n regte Sondagaand-gevoel wat al vanoggend op my gemoed neergedaal het. Soos ‘n wafferse wit duif uit die hemel. Wat ek voel is egter nie fladderende vlinders se vlerkies nie. Ek voel eerder ondeund, lusteloos, nostalgies, verlangend. Dit hou my nog heeldag vas en wil, selfs nou so skuins voor middernag, my steeds nie laat gaan nie.

Het iemand dalk vir my raad?

Wat doen mens as jy wil werk, maar nie gewerk kan kry nie? Dis hoe ek al vir ‘n week voel. My gedagtes bly my aandag weglei na ver plekke met berge en sneeu en watervalle en mosbedekte rotse, fynbos wat heen en weer wieg in die wind en die see waarop reënboë speel… Hierdie beelde van stofpaaie deur growwe berge, die gedagte aan die reuk van see en son, en die herinnering aan daardie berg-en-see-sproei wat mens net op een plek in Suid-Afrika kry, maak my gedagtes vol!

In ‘n poging om wat ook al dit is wat in my opgekrop sit – dalk is dit net opgeboude frustrasie of angs oor my werk wat steeds nie klaar is nie – het ek begin skryf, want werk kon ek nie. My skryfwerk het in briewe ontaard (hoekom boel ek dat ek vir iemand iets moet sê?) en die briewe is tot niet gemaak.

“Delete”… ‘n enkele klein knoppie met só baie mag! Tog vee dit nie gedagtes uit nie. Ek wens soms dit kon.

Maar wees gerus, my siel! Want monsters in my kop is daar nie meer nie. Of eerder, die monsters het gekrimp tot klein drakies. Hanteerbaar. Mak. Kalm. Wat my op die oomblik tart is daardie herinneringe en fantasieë van die verlede, my drome, my begeertes.

Dalk is dit maar net my brein wat moeg is en tog ook nie kan afskakel nie. Dalk is dit net my kop wat ‘n vakansie nodig het… En weereens wonder ek waarom my kop se af-knoppie nie so lekker werk nie. Soms wonder ek of ek daardie eindste knoppie dalk iewers op ‘n staproete in die Kaapse natuurskoon verloor het.

Advertisements

10 thoughts on “Daai Sondag-gevoel

  1. Dit is hoe die lewe is. Ons is jonk en fantaseer oor ‘n goeie werk met ‘n goeie salaris. Reise na onbekende plekke. Ek dink ook terug en ek sug net. Ek het beplan om ‘n toer na Europe te vat sodra die Tiener klaar is met skool. Toe kom die laatlam. As die Tiener klaar is met matriek, dan gaan die Laatlam eers graad 1 toe, My drome in skerwe. Teen die tyd wat ek op daai reis kan gaan, is ek al gewapen met ‘n kierie. Ek is moerig en dankbaar saam.

    Liked by 2 people

  2. Dis presies die gevoel van gemaalde gedagtes in my kop, want my die laaste week onderstebo gooi. As ek my kan kry dink ek aan dinge uit die verlede en maak nie saak wat ek doen nie dit tuimel oor en oor…Ek weet nie wat gaan help hiermee nie… Want ek soek ook ‘n delete knoppie vir my kop. Sterkte daar!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s