Spieëltjie, spieëltjie

Het jy al in die spieël gekyk
Tot binne in jou siel
Nie vir dit wat jy my ontwyk
Nie vir wat jy jou verbeel

Met tyd het jy jou weggesteek
Het jy jouself verloor
Met liefde kan jy jou weer vind
Jou hart is nie vermoor

Waar het die winde jou gewaai
Wat het van jou geword
Want toe ek waarheidsade saai
Het ek dit net gemors

Ek het jou in ‘n boek gesoek
Waar woorde jou beskryf
As iemand wat my hart kon steel
En spoke sou verdryf

Die een wat in jou spieël terugkyk
Is nie wat jy wou hê
Dis iemand sag met liefde groot
Dis nie wat jy wil hê
Ek het jou in jou oë gesien
‘n Méns… diep, eg en broos

Advertisements

One thought on “Spieëltjie, spieëltjie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s