Nie net nog ‘n geskenk nie

Ek dink vanoggend met groot nostalgie terug aan een van die lekkerste en mees spesiale verjaardae wat ek ooit gehad het… as dit nie DIE lekkerste was nie.

Ons was nog aan ‘t uitgaan toe hy my die dag verras het. Ewe glimlaggend en opgewonde met sterretjies in sy oë. Ek moes gou klaarmaak; hy het iets vir die dag beplan… vir mý op mý dag!

Dit was met bewende opwinding wat ek soos blits gaan klaarmaak het. Niemand het my, tot op daardie dag, op my verjaardag verras nie en hoewel ek altyd maak of my verjaardag minder belangrik of nie so spesiaal is nie, is dit tog ontsaglik spesiaal as iemand die dag moeite doen. Dié dag was dit ekstra spesiaal omdat dit hy was!

Ons is eers na sy huis toe, want Goofy het my geskenk (so awesome – twee rekenaarspeletjies wat net so nerdy soos ek is) daar vergeet. En toe het ons ‘n dag tussen diere spandeer…

Vir die blyk van iemand wat uit sy pad gaan om my gelukkig te maak was ek dankbaar. Die feit dat hy ‘n dag opsy geskuif het om nét saam met dié mal vroumens te wees het my oorweldig. Daar is inderdaad, tot vandag toe, geen groter geskenk op aarde as ‘n bietjie van iemand se onverdeelde aandag en tyd nie.

10 thoughts on “Nie net nog ‘n geskenk nie

  1. Daardie slotsin is ‘n groot waarheid, net jammer dat onverdeelde aandag en tyd so bitter skaars is! Ek dink hierdie naweek aan jou en hoop jou verjaarsdag is vol vreugde en vrede. Die volgende aanhaling dra ek graag aan jou op: Mag verlies lei tot iets nuuts, iets wyer en dieper.

    Liked by 1 person

  2. Almal van ons soek soms bietjie spesiale behandeling. Ag en dit is soos jy skryf, wanneer iemand spesiaal vir jou tyd afstaan om saam met jou te wees, is dit so spesiaal. Dankie dat jy tyd afgestaan het om hierdie met ons te deel – om saam met ons te wees. Dit was lekker.

    Liked by 1 person

  3. Dalk gaan dit ‘n hartseer verjaarsdag vir jou wees,maar die nuwe jaar kan net beter wees en jy gaan weer mooi verjaarsdagherrineringe in die toekoms versamel.Eet die koek en drink ‘n glasie wyn op iemand spesiaal…JY!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op HesterLeyNel Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s