Hoe?

Daar het vandag iets gebeur wat my hart vir ‘n oomblik laat stilstaan het. Asof ‘n emmer met yswater oor my uitgegooi is en ek met een skielike teug gehap het na asem. Dis bevestig… die verskriklike K het sy onwelkome plek tot in ‘n vriendin van my se huis ingevreet.

Hoe reageer mens op ‘n boodskap wat net sê dat die toetse se uitslae teruggekom het en dat dit wél kanker is?

Shit. Is jy okay?” – Nee, want wie sal regtig okay wees as hulle sulke nuus kry?

“Ag nee… aai!” – Dis iets wat jy sê as ‘n mooi pot geval en gebreek het.

“Dink aan julle; bid vir julle.” – Doen ek nie in elk geval dit; veral vandat hulle die eerste keer onraad gemerk het nie?

“Sterk wees!” – Aan een van die sterkste mense wst ek nog ooit ontmoet het is dié nie net stupid nie, maar ook onregverdig.

“Ek is hier vir jou…” – Dis onnodig en oorbodig; sy wéét ek is hier vir haar.

Hoe maak mens as jy so baie vir een mens wil sê, maar geen woorde reg is nie? Hoe maak mens as geen enkele lettertjie of selfs die grootste woord kan saamvat watter emosies jyself, as buitestaander, voel nie?

Ek is moerig. Ek wil skree en vloek en skel omdat dié goed met mense gebeur wat dit nie verdien nie… maar wie is ek om te sê dat enigiemand dit wel verdien? NIEMAND verdien só iets nie!

Ek wil klap en slaan en skop… maar wie? Maak nie saak hoeveel mens iemand wil verkwalik of iets wil blameer nie; niks en niemand kan werklik daarvoor verantwoordelik gehou word nie.

Ek wil huil… nie omdat dit iets sal regmaak of hom skielik wonderbaarlik sal laat gesond word nie, maar omdat hierdie warboel van emosies in my net te veel is.

My beste vriendin het seer. My beste vriendin het iets vreesliks oorgekom, waardeur sy nou saam met haar man en hulle kinders moet werk. En ek háát dit. Beste vriende moenie sulke goed hoef te ervaar nie. Hulle moet veilig gehou word, bewaar word, verskans teen al die pyn en seer en kwaad en goor dinge van die lewe… maar dit werk nie so nie.

Hoe maak mens as jy iets wil doen of iets wil sê, maar daar regtig niks is wat jy kan doen nie en jou woorde het skoon opgedroog?

Advertisements

4 thoughts on “Hoe?

  1. Ai, hoe verskriklik tragies. Ek weet presies hoe jy voel en watter emosies deur jou gespoel het en die skok en kwaad en magteloosheid en alles. Want ek het net gister langs die hospitaalbed van my ou skoolvriend (die enigste skoolvriend wat ek hier in Engeland het) gestaan – hy het verlede week dieselfde nuus gehoor.

    (Hierdie stuk MOET jy net op LAU plaas,)

    Liked by 1 person

  2. Ek stem saam Tannie Frannie, geen woorde gaan help nie, en dit gaan net leeg voel. Wees daar vir haar, vat vir haar familie kos, pluk vir haar blomme, skryf vir haar ‘n gedig, koop vir haar ‘n CD of ‘n tydskrif, of as jy kunstig is, maak vir haar iets. En as sy moet behandeling kry offer om saam te gaan, maar as sy nie wil he jy moet saamgaan nie, respekteer dit ook. Vir jou se ek baie sterkte, want as so iets my beste vriendin so oorkom sal ek teen die grond stukkend wees.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s