Droom-gedoentes

Waarom het drome, fantasieë, begeertes en herinneringe só ‘n groot invloed op ‘n mens se gedagtes en emosies? Vandag is weer een van daai dae wat ek seker maar net moet fokus om besig te bly en my kop uit die gutters te hou… of te probeer!

Ek het gistraand gedroom
van sagte stoppelbaard se soene,
‘n sag-rooi uitslag in my nek…
van growwe sonbrand-hande
wat oor my spierwit vel sprei;
en hoendervleis opwek…

My droom het net ‘n droom gebly
– ‘n fantasie van soete sweet
en asems snakkend in ekstase –
‘n beeld wat in my kop sal draai
al weet ek dis onmoontlik.

Advertisements

5 thoughts on “Droom-gedoentes

    • Soms probeer ek wakkerbly in die aand, want ek wéét ek gaan dinge droom wat my kop die hele volgende dag gaan “okkupeer”. Soms is my drome ‘n plek van veiligheid, soms maak dit my net deurmekaar, soms ‘n wêreld van angs en vrees. So weird..

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s