Blitsgedagte oor ’n kattebak

Wanneer laas het jy jou kar se kattebak waardeer? Het jy al ooit gedink, “sjoe… ek is so bly dat die persoon wat dié ou tjor ontwerp het, besluit het om spasie agterin te los vir ‘goed'”? Ek het vanoggend, vir die eerste keer in my lewe, presies dit gedink.

Dit was nog altyd in my natuur om, afgesien van die gewone ou spaarwiel, domkraggie en ander noodsaaklikhede vir as my kar dalk sou gaan staan, ook ’n ekstra stel gemaklike skoene (want skoene breek of druk mos maar op die ongemaklikste tye), baadjie of trui (of die helfte van my klerekas, want die temperatuur kan mos enige kant toe gaan en mens se bykomstighede moet immers match)… en gewoonlik ook ’n sak boeke en/of kantoorwerk en ’n kombers (want ek werk omtrent op die Vaalrivier se oewer en ek het “my spot” langs die water, onder ’n groot boom, waar ek net kan gaan afskakel as die dag te wild word).

As mens besig is om te bou, dan is daar selfs nog meer goed wat oral rondlê. Het jy geweet dat dit moontlik is om ’n hele boks LED-fittings en die -liggies, ’n 8 kg-houer cornise adhesive, twee kombuiskrane, twee badkamerkrane, twee wasbakkrane, daai flexi-connector goed vir agter ’n toilet en wasbak, vier spreiligste wat ’n bewegingsensor aan het, twee klein DB-boards, ’n rol norskabel, kompakte maar deeglik gepaktee toolbox, ’n sak vir “speel klere” (dis nou my stukkende tekkies, vuil en geskeurde denim en verbleikte ou Springbok T-hemp… en moenie die Dettol, pleisters, deoderant, handeseep en -room vergeet nie) én dan nog al die gewone goed (baadjies en dinge) alles in een kattebak te kan pas? As jy dink dit is onmoontlik, kom loer ’n bietjie in my Chill Tjor (ja, hy het ’n naam, okay!) se kattebak. Dis alles daar in ’n versameling van asemrowende georganiseerde chaos.

I stand amazed!

As almal se harte maar net soos ’n kar se kattebak kon wees…

Advertisements

7 thoughts on “Blitsgedagte oor ’n kattebak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s