Die plan… draft 1

Realisties en analities, soos ek soms (lees: gewoonlik in goor situasies) is, het ek besluit om vir myself stappe saam te stel wat ek sal volg, ongeag wat gebeur of nie. My berader is eintlik verantwoordelik hiervoor... "Wat is die plan?" het hy altyd gevra. Maak nie saak hoe hard ek daaraan gedink het nie, … Lees verder Die plan… draft 1

Advertisements

Bitterdroom

Dit het begin by Bitterbessie dagbreek, maar dit het toe nie daar geëindig nie. Droomverlore Droomverdriet Jy kyk verby my Jy sien my nie. Droomverbeelding Droomverbied 'n Ster gesterf Ons het verskiet. Droombevange Droommorbied Ek mag nie meer Ek het jou lief.

Hoe?

Daar het vandag iets gebeur wat my hart vir 'n oomblik laat stilstaan het. Asof 'n emmer met yswater oor my uitgegooi is en ek met een skielike teug gehap het na asem. Dis bevestig... die verskriklike K het sy onwelkome plek tot in 'n vriendin van my se huis ingevreet. Hoe reageer mens op … Lees verder Hoe?

Dromelmoes

Gisteraand was die eerste aand in ’n baie lang ruk wat ek regtig lekker geslaap het. Vas. Rustig. Tevrede. Waarom? Net sommer, neem ek aan. My drome was propvol lekker dinge; goed wat ek nog nooit regtig ervaar het nie, maar wat ek eintlik baie graag sal wil... as ek eendag die guts het daarvoor, … Lees verder Dromelmoes

Musiek

Ek wonder soms of die mense wat regte egte musiek hits skryf, werklik geweet het met watter groot dinge hulle besig was toe hulle aanvanklik aan die lirieke en melodie begin karring het. Kyk nou maar net vriend Fogerty van Creedence Clearwater Revival se woorde... Someone told me long ago There's a calm before the storm, I … Lees verder Musiek

Hoop wat flikker soos Kersliggies

Wat ’n wonderlike naweek... wat gelukkig nog ’n paar uur lank is. Ek het geleer hoe om ’n PVC-plafon in te sit (lam arms; ek is dankbaar die bouer het gesê hy sal nou selfs klaarmaak), ek het vir my leë rooi faas by die werk papierblommetjies uit eierhouertjies gemaak (wat nou nog pipe cleaner-stingeltjies kort … Lees verder Hoop wat flikker soos Kersliggies