Ontbrekende woorde

As woorde water was
sou ek jou in my siel versamel
– ’n watertenk van woorde wat
jou binneste opgaar.

Ek sou jou woorde drink
soos sneeuvlokkies wat saggies val
en een-een smelt
waar ek oopmond staan en opstaar;
onversadigbaar;
en soebat vir nog meer.

Ek sou in jou woorde swem
want welige water wil niks anders
as saligheid en rus,
sparteling van speelsheid en geluk,
wegdryf in waarheid en waardering…
in opregtheid…
in liefde.

Waar is jou woorde nou, my lief;
wat het daarvan geword?
Ek wil jou woorde weer hê want
dis wat my siel nou kort.

 

Advertisements

4 thoughts on “Ontbrekende woorde

  1. Jou woorde dra baie emosie. Die 1e twee lyntjies het my klaar vas gehad om verder te wil lees.
    Ek is jammer dat jy deur die stoei gaan….maar dankie vir die fantasmagoriese “deurmekaar gedagtes” wat jy met ons deel.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s