‘n Nuwe byskrif

Dit het my nege maande geneem om te besef wat ek hier doen. Tussen selfontdek en vertel deur middel van blogs, gedigte en minder goeie skryfwerk, het ek myself op ‘n weird manier begin vind. Ek het ook besef wat vir my saak maak.

Nege maande… hoe simbolies tog! Hoe ironies! Nietemin het ek dit nou besef… elfuur op ‘n Sondagaand, weet ek vir die heel eerste keer wat gaan vir wat. My kop is skoon en ek weet wat ek wil hê; waarvoor ek sál veg…

My man. Met of sonder ‘n ring aan sy vinger is en bly hy vir my flippen belangrik. Met of sonder die seer wat hy al vir my veroorsaak het. Met al sy foute, verlede, goeie en slegte besluite, giere en geite… Ek besef ek is self ook so skuldig en ek het natuurlik aandeel in so baie van sý seer, maar ek weet ook een ding: hy is vir my belangriker as al die ander goed. Hy én ek!

Jip – my blog verander nou dadelik.

Ek gaan nie pad vat nie. Ek gaan nie wegloop nie. Ek het nie ‘n clue hoe ons deur ons dinge gaan kom nie en as ek gaan baklei vir ons, sal ek dit moet doen met krag wat ek nie meer het nie (want God weet, ek is gedaan)…

Maar vanaand het ek besef ek is nie meer Strooimeisie met net nonsens in haar kop nie; ek is Strooimeisie – verstrooide jong vrou wat dikwels voëlverskrikkeragtig voel, maar wat altyd sal baklei vir dit waarin sy glo.

My man – ek glo in jou en ek glo in ons. En ek glo dat jy én ek genoeg rede is om nie te gaan lê nie, nie moed op te gee nie, nie weg te stap nie. Ek is hier by jou, en ek gaan nie weg nie. Al moet ek ook teen jou baklei vír jou, al moet ek ook wat doen sodat jy jouself net een keer kan sien soos wat ek jou sien… sal ek! Want, glo dit of nie, jou vrou is nie stupid nie. En ek maak (meestal, in elk geval) goeie en gerekende besluite… waarvan jy een is. Ek het jou onvoorwaardelike liefde belowe, so hier is dit; nét joune!

Advertisements

6 thoughts on “‘n Nuwe byskrif

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s