Gewaarwording

Dit het lank gevat, maar dit begin nou insink. Soos die wolkbreuk se water in kleigrond wat reeds versadig was – pynlik stadig. Só stadig dat sy bewus is van elke druppel wat intrek en haar kop, haar lyf, haar emosie volmaak….

Sy het daarteen baklei en sy wou dit nie erken nie. Nie eers teenoor haarself nie. Veral nie teenoor haarself nie!

Hy het dit al ‘n duisend keer gesê. Sy het dit al ‘n duisend keer gehoor. Maar vanaand het sy vir die eerste keer sy nou al ongesêde woorde verstaan. Nou moet sy dit nog net verwerk op een of ander manier. Maar hoe? Hoe doen mens dit as jy dit nie wil glo nie? Hoe hou jy net eendag op met baklei en spartel vir liefde?

Dalk ís sy net moeg. Dalk ís sy net moedeloos. Of dalk ís sy regtig net nog al die tyd besig om te baklei vir iets wat nooit regtig was nie…

Blykbaar kan sy nie vanaand ver genoeg sien of dink om op die regte antwoord te kom nie. Sy weet net sy is fisies én emosioneel moeg. Amper al afgestomp. En sy weet nie of sy nog langer hiervoor kans sien nie. Sy weet nie of sy nog langer kan nie, al wil sy.

Want stadig maar seker sink dit in. Pynlik stadig dring die gewaarwording van sý realiteit haar verstand binne; laat haar wanhopig haar greep op hoop verslap. En sy besef dit vir die eerste keer ooit:

Hy is regtig net nie meer lief vir my nie. Hy voel ek is ‘n las. Hy glo ek maak sy lewe hel.

Dis kak. Maar wat nou? Hoe nou? Hy was nog altyd haar álles. Maar wat maak dit saak as sy níks vir hom is nie?

Advertisements

3 thoughts on “Gewaarwording

  1. Vat dit van iemand wie beter verstaan as wat meeste sou dink…. you’re getting there girl! Jou skryfwerk en styl is aangrypend en dis waaraan jy kan klou want dis wat jou laat leef. Jy groei deur die stampe al besef jy dit nie. En die mees amazingste deel gaan wees as jy oor n jaar dit weer lees en besef hoe jy sterker geword het. Jy skryf hier as n buitestaander en ek kan verstaan hoekom en dis vreeslik goed bewoord.
    Byt vas. Skryf! En staan sterk. Dalk….net dalk…leer jy dat jy baie meer en beter verdien.
    Onthou die beroemde woorde: no boy is worth your tears. And the one who is…will never make you cry.
    Sterkte jy!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s