Weg

Want jy weet hulle gaan weg…

Dis net ‘n kwessie van tyd voor jy almal verloor. Mense gaan dood. Mense gaan weg. Mense verloor belangstelling. Mense raak moeg of te besig of kry iets beter of hulle raak net eenvoudig moerig. Mense raak emosioneel weg…

En dan? Dan hou dié mense bloot op om in jou lewe te wees. Alle mense. Al hou jy verbete vas aan beloftes en moontlikhede en hoop; al wys die wit van jou kneukels soos ‘n kind s’n op haar eerste skooldag, terwyl sy desperaat aan die enigste persoon wat haar veilig laat voel bly vasklou; bly hierdie een waarheid:

Almal sal eendag verdwyn.

Verloor jy hulle nie aan die dood nie, dan verloor jy hulle aan die lewe. Hulle lewe. Die een waar jy nié in die prentjie is nie.

Dis die feite.

Die uitdaging: om dit te aanvaar, te respekteer en soos iets meer as net niks te voel daarná nie.

Flippen hel, ek haat dit!

Advertisements

3 thoughts on “Weg

    • Ek is seker op een of ander manier verloor mens wel almal.
      Dis seker soos wat dinge maar is – mense ontgroei mekaar, trek, raak te besig met hulle eie dinge. Ek weet, want ek doen dit self en dit suck elke keer as ek agterkom wat ek besig is om aan te vang.
      Ek weet net, elke keer wat ek dink aan mense wat ek verloor of wat ek besig is om te verloor en elke verhouding (vriendskaplik, ouers, of wat ook al), dan herontdek ek hierdie verskriklike leemte in my. Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie – dalk is dit maar soos spore op die strand wat ek weet nooit deur iemand anders as net daardie persoon se voete gevul sal kan word nie.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s