Die lekker van aanmaakkoeldrank

Ons almal ken dit, daarvan is ek seker. Groen en rooi en geel en oranje gekleurde aanmaakkoeldrank in helderkleurige papierglasies. Ook bekend as Jannie- of Sannie-verjaar-koeldrank.

Ons het daarmee grootgeword, dit gedrink by maats se verjaardagpartytjies, gewens die grootmense wil dit tog maar net ‘n klein bietjie sterker maak, dit nietemin geniet en uiteindelik met groen of rooi strepies weerskante van ons mond en ‘n helder tong ná ‘n dag van lekker speel, baie versiersuiker van koek afeet en behoorlik opgekikker terug huis toe gegaan.

Baie van ons het dit ontgroei; die ding met aanmaakkoeldrank. Sommige van ons voel skoon gewalg as ons net te naby aan daardie rak in die winkel moet verbyloop. Ek? Daar is iets aan aanmaakkoeldrank wat my aan my kinderdae laat dink… en ek is mql daaroor!

Dit was nou die dag vir my so snaaks toe een van my kollegas by my kantoor instap en haarself vergaap aan die bottel Oros wat op my lessenaar staan en die halwe glas aangemaakte oranje gelukmaakwater en ys wat langsaan staan. Dit was veral vir my snaaks toe sy vra of ek dan nog, wat sy genoem het, “kinderkoeldrank” drink. Haar opmerking het my min gepla. Ek kry dit baie. En ja – my antwoord is JA! Waarom sal ek simpel voel om “O-O-O-O-OROS!” te antwoord as iemand my vra wat my gunsteling drankie is.

Hierdie kollega (wat nou nie juis self iets oor ander se kinderagtigheid kan sê nie) spot my nou gereeld oor my gier. My reaksie? Whatever!

Whatever indeed! Dis ‘n woord wat iemand my ‘n ruk terug geleer het om te gebruik, en glo my, dit werk beter as om tot by 10 te tel as jy vies is en ek vind elke keer wat ek dit gebruik die persoon waarvoor ek dit sê se reaksie uiters amusant. Dis so asof die liewe siel nie weet hoe om daarop te reageer nie… daai “nou-wat-nou”-effek wat agter dowwe of blitsende ogies vorm aanneem, maar dit nooit verby die lippe maak nie.

Wat anders moet ek egter sê? Word daar verwag dat ek moet spog oor my liefde vir Vodka? Tequila? Wyn? Brandewyn (eeeeuuuuwww!!!)? Ek het al eerder gesê ek hou van drank, en dit het seker ook sy plek en kan soms lekker wees. Maar vir nou; vir die oomblik; hou ek vas aan iets lekkers. Stroopsoet, yskoud, lemoengeur Oros. Twee glase daarvan; dis ‘n sonde om net een te drink. So what as dit kinderlik, kinderagtig, stupid of eenvoudig in iemand anders se oë is? Dis mý verkose drankie en ek hou daarvan… waarom voorgee daaroor? Buitendien – dis vir my ‘n voorreg om nie net by partytjies “verjaardagkoeldrank” te kan drink nie, maar eerder elke dag!

Ek wonder soms waarom mense skaam is vir eenvoud, onskuld, opregtheid…

Advertisements

8 thoughts on “Die lekker van aanmaakkoeldrank

  1. Oros en gemmierbier is die enigste drinkgoed, behalwe skoon water, waaraan ek my mond sit. Ek was nou die dag toevallig daar in Port Edward se omgewing en met die terugkomslag, koop ek Nel’s (hoe toevallig!) se gemmerbier daar. Ai tog, die heerlikheid. By elke geleentheid wat ek nou kry, besoek ek die winkel om gemmerbier te koop en dis nogal ver van my af. Geniet maar jou Oros, dis nogal lekker om “anders” te wees.

    Like

    • Hester, jy moet maar my Oros-maatjie word! Ek is net so lief vir gemmerbier, maar moet bieg dat ek nie van dié hou wat mens se keel so brand nie. Ongelukkig is ek BAIE ver van PE af en ek maak maar af en toe my eie (hoewel ek dit al moeiliker kry om koekies suurdeeg te kry).

      Liked by 1 person

  2. Hi daar, eerstens, baie dankie vir die volg op my blog. Ek verwelkom jou met ope arms en hoop jy geniet dit. Ek geniet dit om die Afrikaans so op die web te lees. Op daai noot, OROS is moer lekker. Ek dink dis omdat mense konstant “word groot” hoor dat hulle te bang is om die simple thing in life the geniet. Lekker gelees.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s