Maltrap-midlife-moontlikheid

 

Ek kry soms die amper onkeerbare drang om iets te doen wat glad nie “soos ek” is nie. Daardie begeerte om net eenkeer iets te doen wat heeltemal buite my karakter is en wat almal − ook myself − sal skok. Net effens; nie te veel nie…

Mense wat my ken, sal weet dat my idee van adrenalien ’n scary movie of ’n rit op ’n roller coaster is, of om my mond voor ’n klomp mense oop te maak en presies te sê wat ek dink (hoewel dit nie altyd so klink nie, takt is vir my nogal ’n belangrike ding). 

Ná ’n naweek van werk, rus en baie dink (dalk te veel van die laasgenoemde en te min van die eersgenoemde twee), het hierdie gevoel om net IETS te doen weer by my opgekom. Ek wonder hoe dit sal wees om uit ’n vliegtuig te spring (met ’n valskerm, duh!)… vinnig deur die strate met ’n sexy bike te jaag… sommer net vir die lekker weg te breek na ’n plek waar ek nog nooit vantevore was nie… Duitsland! Spanje! Italië! Australië! Pragtige kusgebiede van Nieu-Seeland… road trip na die mooie Kaap of Botswana of die Visriviervallei in Namibië… Bunnn-geeeeeee… gats, nee, daai een is dalk te wild vir my!

En skielik wonder ek, is dit my midlife crisis wat nou aan ‘t begin is? Ek word vanjaar 35 jaar oud. Kinders wat al lankal uit die skool is, sê vir my tannie. Bemarkers in die mall wil vir my gesigroompies verkoop. Ek moet my hare kleur om silwer strepies hok te slaan. Vetrolletjies vorm oral op my lyf en dit verg al meer krag en energie om dit weg te werk. Ek begin my werk en my plek herevalueer… en herevalueer… en herevalueer… en wonder of dit werklik is wat en waar ek vir die volgende 30 jaar wil wees. Gmpf – dis die onsekere en ontwykende antwoord wat my pla, nie die vraag nie!

Die punt is, om dit nou in baie platvloerse en gewone taal te sê, my gat jeuk en ek brand om op te staan en net iets te DOEN! Maar (ek haat daai woord met so ’n passie) ek het nie ’n idee hoe nie. En al weet ek dat dit seker die beste ding ooit wees om net iets alleen te doen; iets wat ek wil doen; is ek nog steeds nie op die punt om dit alleen te wíl doen nie.

Ek het ’n maat daarvoor… of, ek dink ek het… en soms wens ek hy was weer game vir pret in ons lewe. Soms wens ek hy sou, sonder om my te verwyt of kwaad te word en sonder om voor die tyd kop uit te trek of my na die tyd daaroor kwalik te neem, die lewe net weer toelaat om ons te laat skaterlag.

Is dit simpel van my om te wens dat ek en my man weer saam kon laf wees? Ek dink nie ons was al ooit nie, maar ek wens ons kon dit net probeer…

 

Advertisements

4 thoughts on “Maltrap-midlife-moontlikheid

  1. Hoor hier, leef jy dalk in my kop?

    Van gat wat jeuk en brand om iets te doen kan jy my niks vertel! 😆

    Ek beleef al my midlife crisis van my 30ste verjaardsag af. In my jonger dae het ‘n nuwe tattoo of nuwe piercing die ding gedoen. Nou nie meer nie. Ek het al my kop geskeer. Name it. Maar daai gevoel bly.

    Wat my egter die afgelope drie jaar ERG vang, is dat ek so bang is dat dit “al” is wat in die lewe daar is vir my. Is ek werklik bedoel om hierdie mind numbing sieldodende werk te doen dag na dag vir die res van my lewe? Is ek nie bedoel om erens langs die kus te bly, lang stories op my stokou tikmasjien te tik en wyn te drink en te loop skulpe optel nie? Gaan ek onvergenoegd doodgaan? Gaan ek al my passies kan uitleef voor ek my kop neerlê? En so kan ek aangaan. Don’t get me wrong, ek is geensins ondankbaar vir wat en wie ek het in my lewe nie, al klink dit so. Ek voel net soms of ek uit my plek is.

    Dalk is dit hoekom die moontlikheid om te emigreer my so aangegryp het. ‘n Heel nuwe skoon begin. Ek kan my nuwe begin maak soos EK dit wil hê.

    Like

    • Ek hoor jou, NetEk! En ja… ek wonder of dit nie net my kop is wat vir my sê dis tyd dat ek iets DOEN en myself emosioneel en fisiek ‘n bietjie rek nie. Dalk is dit net tyd om iets anders as die ou normale en alledaagse te doen. Al wat ek weet, is dat ek droom van snaakse goed… soos motorfiets ry deur die mooiste Kaapse bergpasse terwyl ek my arms sprei; die see teen my gesig voel terwyl ek in my eerste branderplankpoging faal… elke keer word ek wakker net voor ek uit my maag uit vir myself kan lag. Dis half tartend…

      Liked by 1 person

  2. Klink my al meer na die 35’itis … die gogga wat jou beet kry en by jou spook totdat jy dit of doen of jouself oorreed jy is te oud om dit te doen (wat ookal die dit is). En moet nie dat iemand daai vlammetjie van jou dood blaas nie! Niks erger as die gogga wat byt, jy wil inspring met oormaat maar daar staan iemand wat jou konstant laat herhinner hoe pateties hulle dink jy is. Als is moontlik!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s