“Alles vat net tyd”

As jy die tyd kon terugdraai, hoe ver sou ver genoeg wees? Ek onthou SW se woorde, eendag toe ek heeltemal ontrafel het oor my pa se nonsens, en dan nog my man se goed daarop by. Hy het my moed probeer inpraat en vir my gesê dat ek alles net tyd moet gee, want … Lees verder “Alles vat net tyd”

Advertisements

Vrae wat wemel

Verwerping. Dit maak seer. As jy besef dat iemand  wat jou alles is, jou eintlik nou as niks sien nie, as onsekerheid oor dit waarvoor jy bitter hard werk en alleenheid jou geselskap hou, en jy elke vraag wat in jou kop inspring wil uitskree... maar nie kan nie... want jy is bang... Dán is … Lees verder Vrae wat wemel

Die probleem met “vergeet”

Is dit moontlik om ooit werklik te vergeet? Het iemand dit al ooit reggekry om 'n gebeurtenis so behoorlik uit hulle gedagtes uit te vee dat dit sommer heeltemal uitgewis is? Onherroeplik weg? Vergewe loop hand aan hand met vergeet. Ek het grootgeword met die gedagte (dalk eerder die ideologie?) dat die twee nie van … Lees verder Die probleem met “vergeet”

Die lekker van aanmaakkoeldrank

Ons almal ken dit, daarvan is ek seker. Groen en rooi en geel en oranje gekleurde aanmaakkoeldrank in helderkleurige papierglasies. Ook bekend as Jannie- of Sannie-verjaar-koeldrank. Ons het daarmee grootgeword, dit gedrink by maats se verjaardagpartytjies, gewens die grootmense wil dit tog maar net 'n klein bietjie sterker maak, dit nietemin geniet en uiteindelik met … Lees verder Die lekker van aanmaakkoeldrank