369 dae later

Dit was vandag net meer as ‘n jaar vandat ek my pa gesien het. En toe loop ek wraggies, terwyl ek rou en seer voel oor ‘n onvulbare leemte in my, hom vandag in die dorp raak. Hoflik het ek hom gegroet in die verbyloop. En nou, nóú dat ek eers weer na ‘n bietjie wyn daaraan terugdink, voel ek hoe die seer teen my wange afloop.

Hoe maak mens as jou kop en hart in so ‘n stryd met mekaar is?

Ek wens ek kon my moed bymekaarskraap om stil te staan en vir hom te kyk. Ek wens ek kon hom net weer ‘n drukkie gee. Ek wens ek kon hom net weer as my pa sien. Veilig voel by hom. Gemaklik. Terselfdertyd wens ek dat ek hom kon klap; kon skop; op hom kon skree…

Ek wens ek het minder mal gevoel. Minder seer. Minder deurmekaar.

Eintlik wens ek, ek kon teruggaan na ‘n tyd toe alles nog perfek was. ‘n Tyd voor ek spoke en skimme begin mis het.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s