Ek’s fine

Moenie oor my worry nie
want ek is dit nie werd nie
Moenie dink aan my as jou toekoms nie
want ek’s nou net jou verlede
Moenie sê jy’s lief vir my
as jou oë dood vir my kyk nie
Moenie my naam sag sê
as jy my hart net wil vermoor nie

Al het ek jou hoe lief,
al het jy my bedrieg,
al is ek ‘n mislukking
en jou grootste fout…

Vir jou bly ek ewig
getrou
lief

Vandag het hy dit besluit. Nie ek nie. Hy kan my nie vertrou nie. Hy wil my nie hê nie. Ek maak sy lewe hel. Ek probeer hom beheer en sy lewe regeer. Hy glo my nie. Hy sien nie meer kans hiervoor nie. Hy wil nie sy ouers skok oor Kersfees nie en hy het nie nou dadelik die krag daarvoor nie. Maar ná die feestyd, in Januarie, wil hy hê ons moet skei.

Ek wens ek kon sê dit pla my nie. Ek wens ek kon sê ek is fine en dit gaan my net sterker maak. Maar ek kan nie. Ek wil nie sterker wees, beter wees, of fine wees nie.

En skielik wens ek dat daardie lam, dooie gevoel wat ek vir so lank so gehaat het, net weer wil terugkom… my wil oorweldig en insluk.

Shit. Dis onbeskryflik seer in my. Dis só seer, ek weet nie eers hoe om iets verder te skryf nie.

Advertisements

3 thoughts on “Ek’s fine

  1. Daar is nie veel wat ek kan sê om te help nie. Inteendeel, daar is niks wat ek kan sê, wat jou seer gaan beter maak nie. Ek het vanmôre `n Bybel stukkie gaan soek, spesiaal vir jou, wat dalk mag help as jy daarin sou belangstel. Ek weet dit verander niks aan jou huidige alleen wees en seerkry nie, maar jy is nie alleen nie. Jy gaan baie mense op jou paadjie ontmoet, nuwe vriende maak op onverwagse plekke, en dit wat nou soos `n berg voor jou lê, gaan help om vir jou te bewys dat jy `n ongelooflike sterk persoon is want jy gaan heel anderkant uitkom.

    https://www.bible.com/bible/6/psa.40.afr83

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s