Dalk

As jy saggies om die hoekie in die kombuis staan en huil, omdat jy hierdie emosie in jou net nie meer kan hanteer nie…

Staan regop.
Kyk op.
Haal diep asem.
Vee af die trane wat warm oor jou wange rol.
Neem beheer van jouself.
Jy is nie ‘n krismis trifle wat stadig uitmekaar gaan val nie…
Waai jou gesig koud met jou hande… as jy huil, dan word jou gesig en oë rooi.
En jy wil nie hê iemand moet weet nie.
Jy wil nie hê iemand moet uitvind van die onsekerheid wat hier diep in jou gewortel bly nie.
Of van die seer… die verlange… dinge wat was… jou craving.
As iemand vra; dis hooikoors of jou oë brand net van al die werk op die rekenaar.
Maak kos.
Kyk hoe oulik is jou hond.
Vryf die wollerige kop.
Fokus… fokus tog net!
Jy moet iets kry om jou kop mee besig te hou; jou hande uit die kwaad te hou.
Jy kan nie so aangaan nie.
Phone a friend… drink ‘n strawberry diaquirry… skryf jou blog… gaan swot!
Fokus net.
Wat jy voel is stupid.
Jy is simpel.
Hou op dink.
Jy moet werk.
Jy moet swot.
Jy moet…
Fokus! Jy móét nou fokus!
Nee, bly weg van daai site af… jy gaan net seerkry… almal daar is fake… jy ook… hulle bied net aandag en waardering as jy ‘n slet is.
Jy is nie ‘n slet nie!
Nog nie…
Fokus nou.
Maak klaar waarmee jy besig is.
Think happy thoughts.
Smile.
Moenie vloek nie.
Fokus nou.
Ek sê, fokken fokus!
Ek het gesê jy moenie vloek nie.
Wie sal jou wil hê as jy so is?
‘n Bitch.
Selfsugtig.
Jy gun hom nooit iets nie.
Uitgerafel.
Onklaar.
Onding.
Vet.
Frumpy.
Onvrou.
On…
Vee weer jou trane af.
Haal diep asem… in en uit…
Toe… doen nou iets.
Maak klaar met die kos.
Dalk gee hy jou ‘n soen daarvoor.
Dalk nie.
Fokus op dalk.
Dit sal jou beter laat voel…
Dalk.

Advertisements

One thought on “Dalk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s