Slapeloosheid

Ek sukkel om te slaap en ek weet nie regtig waarom nie.

Dalk is dit ’n tikkie opwinding… stuitige skerpsinnigheid in myself, wat ek herontdek het en nou weer verfyn en begin geniet. Ek het dit gemis om ’n bietjie bitsig te kan wees en om op ’n verskeidenheid van vlakke uitgedaag te word.

Dalk is ek nog wakker omdat daar hierdie hunkering in my bly om myself beter te leer ken en nog van myself oop te maak en iets te ontbloot. Maar wat? My hart? Die werklike ek? Die seer wat so werklik en nog steeds so rou is vir my en soveel ander mense? Hoe? Deur ’n blog? Deur niks meer as woorde nie? Hoekom? Sal ek ooit regtig dít weet?

Die kommapunte. My kommapunte. Dalk is dit die rede waarom ek nie kan slaap nie.

Die eintlike rede waarom ek hierdie blog begin het, was net vir myself. Om die kommapunt-dinge van die afgelope jaar of wat op skrif te stel en dit te probeer verteer. Noudat ek weet dat ander mense lees wat hier staan, voel ek skaam vir wat ek is en wat ek al gedoen het. Tog wil ek nie ophou skryf nie en ek wil niks wegsteek nie, want ek is moeg daarvoor om te maak asof ek iemand anders as net ek is.

Liewe leser…

Wat ook al jy nog gaan lees, asseblief… moenie my veroordeel nie. Veroordeling vervreem. Dit maak seer. Dit laat mens alleen voel. Dit laat mens snaakse dinge doen. Dis nie ’n plek waar ek weer wil wees nie. Nooit weer nie.

So, reis saam met my. Leer my ken as die werklike ek. As jy wil. As jy kans sien. Ek weet ek het foute. Ek weet ek het baie droog gemaak. Ek weet ek doen dit nog steeds. Ek is nie ’n engel of onskuld se alie nie. Maar dis nie vir enige mens beskore om my te veroordeel nie. En ek is die enigste mens wat myself nog daarvoor moet vergewe.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s