24 uur retrospek

Gister was vir my ’n verskriklike dag. Emosioneel uitputtend. Uitmergelend. Wreed. Goor. Jammer vir die negatiwiteit, die beskuldigings, die prekerigheid. Soms kry mens net sulke dae en ek gaan nie meer jok oor hoe ek voel nie.

Die oupa, aan wie ek dikwels dink het as my ander pa, sou gister verjaar het en ek het daardie 24 jaar gelede se laaste vroegoggend spring op die bed terwyl ek “Veels geluk liewe Ouuu-pa” luidkeels en vrolik in ’n kinderlike maar effense vals stemmetjie sing.

Heel toevallig was gister ook die eenjaar-herdenking van my eerste Matrix-rooi-pil-oomblik in my huwelik.

“You take the blue pill, the story ends. You wake up in your bed and believe whatever you want to believe. You take the red pill, you stay in wonderland, and I show you how deep the rabbit hole goes.” (The Matrix)

Nog meer toevallig, het ek wakker geword van my selfoon wat soos ’n moderne posduif getrou ’n boodskap aflewer. Vandaar my brief aan SW gister. Ek besef nou dat ek heeltemal te emosioneel was toe ek dit geskryf het en dalk die kans op verdere vriendskap in daardie emosie verdrink het.

Toe ek vroegoggend my ouma bel en met haar gesels oor my oupa en goeie dinge uit die verlede, het ek besef dat haar Alzheimer’s besonder erg is. Vir ’n oomblik of wat kon sy nie eers met sekerheid sê of ek getroud is of nie, en sy het my as my tannie bly aanspreek.

Dis woes dat mens se lewe soms so buite jou eie beheer voel; veral as jy nogal ’n control freak is.

Die realiteit is ongelukkig: mense gaan dood, mense gaan weg en mense vergeet. Swartgallig wil ek byvoeg, reality sucks… maar dan besef ek die realiteit van tyd (hoe lank of kort ook al) het my toegelaat om vir ’n rukkie baie spesiale mense in my lewe te kon hê en watter wonderlike tye ons gedeel het… koekies bak saam met Ouma wat elke resep denkbaar toe nog uit haar kop geken het… diere versorg en fietsry saam met Oups, of sy snaakse en baie vindingryke stories in die aand, waarvoor ek hopeloos te gullible elke keer geval het (wat… ek was 10 jaar oud en hy was my hero)… en skertsende en skerpsinnige kuiers oor die kuberruim oor ’n Landy, honde en hulle dinge, bergpasse en motorfietse, lawwe skryfgoed en die mensdom… Hoe mis ek dit alles nie!

As ek so deur die goed wat ek die afgelope week geskryf het lees, dan wonder ek wie die persoon is wat dit geskryf het. Ek herken myself nie meer daarin nie. Ek wil nie die depro pessimis wees wat alles net in die negatiewe sy sien nie. Minder as ’n jaar gelede kon ek (ten spyte van my omstandighede, verlede of onseker toekoms) álles ’n positiewe glans laat gee het, daarop uitbrei en dit laat groei. Maar dis asof dit die laaste ruk net vir my te veel van ’n mission is om dit te doen. Wens ek kan net ’n knoppie druk en alles net laat omdraai; teruggaan na hoe dinge eens op ’n tyd was.

Dis egter die verlede. Ek moet begin om my fokus en my denke te verander. Soms wens ek dat ek kan wegbreek. Net vir ’n week. Al is dit net om te slaap en te dink en niks anders te doen nie. Of dalk moet ek die teenoorgestelde doen – abseiling, valskermspring, back-packing van een interessante dorpie na ’n volgende, tot ek in my hartsplek uitkom om my siel in die koue water van die Kaapse see uit te spoel… Net om weer te kan asemhaal en nie te voel of ek verdrink onder alles wat met en om my gebeur nie.

Ek wens soms ek kan net my brein se af-knoppie kry en dit net vir ’n rukkie afskakel.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s