Verlore vriendskap

Ek ís sterk, maar ek haat dit soms. En ek wens die meeste van die tyd net dat ek nie alleen hoef te bly staan nie. Dat ek één persoon gehad het wat nie sal omgee as ek my stukkende en flenters kant agter my masker wys nie. Iemand wat bereid is om die seer en stukkende flenters van hulle eie lewe ook met my te deel. Maar let’s face it – die oomblik wat mense weet jy het seer, of as hulle uitvind jy is nie perfek nie en jy het baggage, dan verander hulle of hulle verdwyn eenvoudig net stilletjies uit jou lewe.

Hoekom moet dit gebeur dat die lewe met ’n mens se verhoudings inmeng? Of is dit dalk andersom…? Hoekom kan vriendskap nie sterker wees as al die ander dinge en net oorwin nie? Waarom stel almal teleur en waarom is verwerping altyd so seer? Dis vir my so emosioneel, dit laat my skoon dig…


 

Ek het ’n vriend in die verte
Hy is goed en gaaf en getrou
Hy het vriendskap belowe vir altyd
En vir ewig sal ek daaraan vashou

Ek het ’n vriend anderkant die vlaktes
Sy oë kyk dieper as my siel
Hy sien die seer en die flenters
En alles wat ’n hart kan verniel

Ek het ’n vriend wat baie ver is
Hy is iemand wat ek met alles vertrou
Maar net toe ek dink dat dit eg is
Toe besef ek ons is albei te rou

Ek het ’n vriend wat te ver is
Hy is ’n skim van wie ek uitsien om te hoor
Ek het ’n vriend wat nie ’n vriend is nie
Want ek het ’n vriend verloor

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s