In die begin…

Alles het ’n begin. En in die begin van alles is daar altyd reeds iets. Selfs in die Bybel, in Genesis, word daar vir ons vertel dat die aarde reeds daar was, maar dit was woes en onbewoonbaar… so toe maak God iets wat mooi en goed en spesiaal is. So kan ’n mens sê dat daar reeds voor die begin reeds ’n begin of iets anders was? Confusing, ek weet… Laat ek probeer om te verduidelik:

Elke mens se lewe het ’n begin. Waar begin die lewe vir elke persoon? Sommige mense sal seker sê dis met geboorte, want ’n mens se lewe eindig mos maar waar jy jou laaste asem uitblaas. Dus is dit logies dat jou lewe begin met die eerste asemteug wat jy neem. Ander redeneer die begin van ’n mens se lewe is waar daardie onsienbaar-klein eier- en spermselletjie saamkom en een word. Ongeag wat jy as begin beskou, behoort dit duidelik te wees dat daar reeds iets moes bestaan voordat daardie bevrugting kon gebeur of daardie eerste asempie geneem kon word. Iets het gebeur met iets wat reeds bestaan het, en daar is ’n onherroeplike impak op die toekoms gemaak, want ’n nuwe klein lewetjie is nou daarin. Dis ook vir my interessant om te dink dat die nuwe lewe self nooit daarvoor gevra het om te bestaan nie; dit het net gebeur. In baie gevalle het niemand daarvoor gevra nie; dit gebeur net.

Net soos ’n mens as fisieke wese “begin”, is daar ook vir elke mens as emosionele wese dan seker ook ’n “begin”. Nee, dit kan nie reg wees nie… daar is dalk eerder meer as net één emosionele begin vir elke mens. Elke gebeurtenis in elke persoon se lewe – klein of groot – het een of ander impak op daardie persoon se lewe. Die keuse wat die persoon dan uitoefen om daarop te reageer (of nie) kan beskou word as een van die beginpunte. Iets het gebeur en dit het die persoon se lewe en toekoms op een of ander manier verander. Weereens – ons vra soms nie dat iets moet gebeur nie en ons soek dikwels eerder die bekende, vervelige ou roetine eerder as veranderings en uitdagings… nietemin gebeur dinge om ons en met ons, en elke gebeurtenis het die potensiaal om ’n onherroeplike impak op ons toekoms te hê. Ons reageer daarop. Ons maak besluite terwyl ons die gebeure in ag neem. En dan leef ons daarmee saam.

Dit voel vir my vreemd om my “begin” in ’n onpersoonlike blog neer te pen, maar here goes nothing

So, in die begin…

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s