Yeah right is toe right

Al ooit iets gehoor of gelees en dan net gedink, “Yeah, right! Dis só nie ek daai nie!”, net om ’n rukkie later te besef dat daardie persoon iets opgemerk het wat jy nie werklik van jouself weet nie? Dit het my onlangs oorgekom. Hoe dit gekom het, weet ek nie. Wat ek gesê het om so ’n opmerking te ontlok, weet ek ook nie. Maar dit is gesê en dit het my laat dink.

“Ek dink jy is besonder negatief. Oor sekere goed, anyway. Oor mense. Jy verwag altyd net die ergste.”

Effens uit die veld geslaan, het ek natuurlik eers gegryp na elke moontlike grashelm van positiwiteit. Daardie “yeah, right“-houding het van my kop na my oë na my hele lyf versprei en ek was besig om ’n houding in te neem waarvoor die aggressiefste leeu sou skrik. Hoe durf hy! Almal sê altyd ek vertrou te maklik en dat ek met my hart op my mou rondloop. Hoe. Durf. Hy.

Maar toe kom daar ’n lamheid oor my. Die ontnugtering. Hy was reg. Duidelik het ’n amperse vreemdeling my op daardie oomblik beter geken (of dalk net diep genoeg gekyk om daardie een ding raak te sien) as wat ek myself eintlik ken (of op daardie oomblik kon sien).

Ek was eendag by ’n preek waar die pastoor gesê het dat ’n mens gewoonlik die een ding wat die naaste aan jou is, gewoonlik nie sonder hulp kan sien nie. Geen mens kan tog sy eie gesig sonder ’n spieël of een of ander vorm van duidelike weerkaatsing sien nie; tog is dit die deel wat die naaste aan enige persoon is. In die oomblik wat ek besef het dat iemand wat my nie ken nie, wel iets in my gesien en dit 100% korrek opgesom het, kon ek nie anders as om aan dié preek te dink nie.

Dit het my hard getref, ingesink en ek het besef hoe waar dit is wat hy pas gesê het. Ek was wraggies nie altyd so nie. Die wete dat daar altyd iets goeds in alle mense is en die hoop dat daardie goedheid altyd sal seëvier het my altyd positief gehou en laat glo in mense. Maar iewers in die afgelope jaar het iets in my verander. Dalk het ’n stukkie diep in my gebreek met al die baie dinge wat gebeur het. Ek hét altyd almal vertrou, en dit het sowel groot geluk en diep vriendskap as baie seer in my lewe veroorsaak. Miskien was die laaste ruk se seer net te veel? Met elke vriendskap en verhouding met mense wat ek nog ooit gehad het, het ek sommer net ’n stukkie vir myself vir mense gegee en dit het al meer as een keer gebeur dat daardie mense die stukkie van my siel net verniel het en in my gesig terug gegooi het. So wat het gebeur? Ek neem aan dat selfpreservering en selfverdediging op ’n manier onbewustelik ingeskop het.

Ek haat dit om so te wees, noudat ek dit besef. Maar hoe verander mens dit? Hoe verander ék dit in myself?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s