Liewe wêreld…

Ek is Strooimeisie. Ja, dis seker nie regtig ’n naam nie; eerder net ’n woord. Maar dis ’n goeie woord met baie betekenisse wat daarin opgesluit is.

Die woord is eintlik ’n samestelling van “strooi” en “meisie”. Tradisioneel beteken die samestelling dieselfde as “bridesmaid” in Engels – die beste vriendin wat die bruid voor en op haar groot dag ondersteun. Dis egter nie wat die naam hier sal beteken nie. Hier gaan dit veel eerder oor die letterlike betekenis van die twee stamwoorde waaruit die woord opgebou is. Wag, laat ek eers verduidelik:

strooi1 s.nw. 1 Droë halm van gras/graan. 2 Uitgedorste halms, stingels van graan of peulgewasse. 3 Eufemisme, versagtende woord vir stront; nie ‘n ~ breek nie, hoegenaamd geen werk doen nie; so droog soos ~, baie droog, kurkdroog; niemand ‘n ~tjie in die pad nie, niemand kwaad doen of hinder nie; hy praat ~; lyk soos ‘n vark met ‘n ~ in die bek, skertsend gesê van sigaretrokers; sy invloed is soos ~ in die wind, sy invloed is onbeduidend. [Verklarende Afrikaanse Woordeboek]

strooi2 ww. [ge=] 1 Verspreid uitmekaar gooi; sprei, versprei. 2 Fyn/korrelrige materiaal oor iets anders uitgooi. ~ing. [Verklarende Afrikaanse Woordeboek]

mei•sie [=sies] Vroulike kind, dogter; maagd; dit bly tussen ons ~s, dis ‘n geheim tussen ons; ~s wat fluit, word die deur uitgesmyt of moet die onderdeur/agterdeur uit en hennetjies wat kraai, word die nek omgedraai, gesê as ‘n meisie ‘n deuntjie fluit; ~s is nie geplant nie, maar gesaai; ~s is nie handvol nie, maar landvol, gesê as trooswoord as iem. ‘n nooi nie kan kry nie of een verloor het; so tussen ons ~s gesê, dit bly tussen ons meisies; ‘n geheim tussen ons; jy sal dit vergroei voor jy ‘n ~ is, jy sal die seerkry gou vergeet, die pyn sal gou oorgaan. ~(s)koshuis, ~agtig, ~span, ~stehuis. [Verklarende Afrikaanse Woordeboek]

Kom ons sê vir eers maar net dat hierdie blog gaan oor ’n jong vrou se dikwels deurmekaar gedagtes oor allerhande nonsens, wat soms eintlik alles behalwe nonsens is. ’n Kombinasie van die realiteit, wilde en onwerklike gedagtes, drome, fantasieë, stukkies seer en sommer-net-sêgoed.

Ek sal elke af en toe iets hier publiseer wat uit my hart uit kom – hetsy feite of fiksie. Baie mense sal dink dat dit net verstrooide strooi is; die produk van ’n deurmekaar floskoppie wat nie werklik iets van die lewe weet nie. En dalk is dit ook waar. Maar ek vertrou dat dit vir iemand iewers iets beteken.

Ek skryf omdat dit vir my lekker is. Ek skryf omdat dit vir my geweldig terapeuties is. Ek skryf, want deur woorde op papier vas te lê, kan ek ’n stukkie van my hart vir die wêreld wys. Dis ’n mooi hart, dis ’n hart wat dikwels seer is, dis ’n hart wat sterk klop, onvoorwaardelik liefhet, vriendskap bo alles stel en ontsaglik baie omgee. Dis Strooimeisie se hart.

Net ’n nota oor my sogenaamde “stoute strooi” wat met wagwoorde beskerm is:
Strooimeisie het ’n stoute streep in haar. ’n Wilde (seksuele) kant met rowwe fantasieë. Regte soetsappige EL James-oomblikke. In ’n poging om haarself van totale waansin te red, skryf sy dié dinge uit en plaas sy dit dikwels ongeredigeer op haar blog. Sy wil egter nie haar wilde fantasieë net so oop en bloot hier plaas vir almal om na harteLUS te lees nie. Daarom kan lesers wat regtig baie graag toegang tot dié inskrywings wil hê, haar op strooimeisiesegoed@gmail.com kontak. Onthou egter om die inskrywing se naam by te voeg vir ’n wagwoord! Brace yourself…

Advertisements

3 thoughts on “Liewe wêreld…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s