Dis moeilik

Dis moeilik om groot te word, jouself 'n volwassene te noem, en te weet hoe drome net daar is vir klein dogtertjies waarvoor die wêreld niks minder (of meer) as 'n sprokie is nie. Wat maak jy as jy wakker skrik en besef dat nie een van jou drome waar geword het nie? Jy het … Lees verder Dis moeilik

Advertisements

Gebottel en gebêre?

Hoe lê ek jou in in my gedagtes? Hoe bottel ek jou siel in my hart? Hoe preserveer ek jou goedheid virewig? Hoe bewaar ek jou? Jy's geen mens, maar 'n skat.

Kruispad-mens

Mense kruis my pad daagliks, maar sommiges laat 'n blywende indruk. Vir hierdie persone is ek dankbaar (understatement of the century). Jy was vir my van die eerste oomblikke af "onverwags". Soos 'n bui reën op 'n warm somersdag: só verfrissend, só welkom, só nodig.

The unbearable lightness of not being

Ek onthou Milan Kundera se boek en stukkies van die film, The unbearable lightness of being. Ek moes die boek lees en die film kyk as deel van 'n kursus in filmkunde wat ek jare terug gedoen het. Soos enige goeie boek, het dié een ook baie interpretasies van lesers, ontleders en kritici, baie onbeantwoorde … Lees verder The unbearable lightness of not being

Jok

Almal jok. Partykeer jok mense oor en oor, oor dinge wat regtig nie jokkingswaardig is nie. Soms jok hulle omdat hulle wil, soms omdat hulle voel dat hulle nie anders kan nie, en soms omdat hulle dink dat 'n halwe waarheid darem dit is -- half waar. (Was dit Oups wat gesê het dat 'n … Lees verder Jok

Verlies

Dit is onregverdig en verkeerd. 'n Vriendin. 'n Onverwagte swangerskap. 'n Ongenooide miskraam. 'n Hartseer wat min mense verstaan; gelukkig en ongelukkig. Ek het nie woorde nie, net trane. In my semi-verstaan van hoop en opgewondenheid wat 'n mens op 'n dag net ontneem word, is trane al wat ek het. Rou en warm en … Lees verder Verlies

Verledetyd

Jy gooi 'n blik vol briefies weg wat ek vir jou geskryf het. My hartsbegeertes neergepen en in papier geïnk. Jy sê herinneringe's sleg van wat ons saam gedoen het. My drome leef verledetyd in jou hand nou net verbrokkel. Ek smag om vir jou 'n "ek is lief vir jou"-briefie te skryf, soos ek … Lees verder Verledetyd

Wat dan?

En toe tref dit my. Ek het vier jaar van my lewe gemors. Eintlik meer... vyftien. Shit. Dis net-net minder as die helfte van my lewe. Sedert 2003, toe ek hom ontmoet en kop verloor het, het ek gebou aan iets. My eerste droom, my eerste liefde, my eerste held. Die bouprojek is egter so … Lees verder Wat dan?

Met ‘n witbrood onder die arm

Ek het nou al vir ʼn paar dae lank ʼn craving vir iets wat ek altyd as kind saam met Oups geëet het. ʼn Dubbel-dik sny witbrood. Maar nie sommer net enige brood nie. Ek is lus vir plaasbrood; boerebrood; nie die klaar gesnyde papierdun snytjies fabriekbrood wat ʼn mens oral in natgeswete plastieksakkies kry … Lees verder Met ‘n witbrood onder die arm

Die middeljare is ook nie vir sissies nie

Dit val my vanoggend by toe ek aantrek. Ek is nou aan die verkeerde kant van my dertigs. Volgens die WHO is die globale gemiddelde lewensverwagting vir die gewone mens so om en by 71 jaar. Vir Suid-Afrikaners is dit aansienlik laer, maar laat ek nou nie swartgallig raak nie. Dit beteken ek is nou … Lees verder Die middeljare is ook nie vir sissies nie

Kaapstad

Ná 'n onlangse blitsbesoek aan die Kaap, het ek opnuut besef dat my wêreld tog so klein is. Té klein, dalk. Dit was my tweede keer in die stad. Besige plekke met baie karre en hoë geboue maak my gewoonlik bang en op my senuwees. Maar hier? Ander storie. Ek is betower deur hierdie stad... … Lees verder Kaapstad

3 jaartjies

Soms wens ek dat ek net weer drie jaar oud kan wees.  Dit is 'n ouderdom waar vloermoere aanbaarbaar is, waar jy selfs vrae wat ongemaklik is móét vra, waar jy kinderlik-opreg bly kan wees en maar mag truppel van vreugde as iets groots gebeur. Jy kan skaterlag en hartverskeurend huil, en mense sal troos … Lees verder 3 jaartjies

Trane

Wat doen 'n mens as jou dag met trane begin; as 'n mylpaal in jou huwelik voorlê, maar jy weet dis net op papier en dis eintlik net vir jou wat dit iets beteken?  Wat doen 'n mens as jy besef dat jý so min waarde soos daardie stukkie papier het vir die persoon wat … Lees verder Trane

Strooi: filosofiese dromer, nou ook doener

I search for perfection in imperfection, because imperfection is beautifully unique and brutally honest. As iemand wil weet wie dit gesê het – dit was 'n filosofiese oomblik wat ek gisteraand beleef het waartydens ek allerhande diep dinge kwytgeraak het. Ek doen dit soms (raak diep) en bedoel dan altyd wat ek sê. Soms is … Lees verder Strooi: filosofiese dromer, nou ook doener

;

Ná 'n nag waar nagmerries my gejaag het... dié een is vir almal wat al op 'n plek was waar die seer groter as jyself gevoel het... weet net: dit was nie die einde nie; dit is steeds nie die einde nie; kies net reg...

Honger

Dis laat. Ek kan nie slaap nie, want dis te warm en hier is 'n bloedsuiger in die kamer (hy gaan nog letterlik bars soos wat hy aangaan). En nou grom my maag ook nog! Ek is honger... nee... ek is eintlik besonder belustig! Cravings tref my altyd onverhoeds en ek is ongelukkig genoeg om … Lees verder Honger

‘n Nota oor my “stoute strooi”

Strooimeisie het 'n stoute streep in haar. 'n Wilde kant wat soms kop uitsteek. Regte soetsappige EL James-oomblikke (hoewel ek dink Sylvia Day skryf beter). In 'n poging om haarself van totale waansin te red, skryf sy dié dinge uit en plaas sy dit dikwels ongeredigeer op haar blog. Sy wil egter nie haar wilde … Lees verder ‘n Nota oor my “stoute strooi”

Oups

Ek wens vanaand ek kon die tyd terugdraai. 25 jaar terug. Na 'n tyd wat ek - onskuldig-gelukkig met my twee poniesterte en bekkie propvol babbelrigheid - op sy skoot kon gaan klouter waar hy voor die TV op sy Lazyboy sit.  Ek wens ek kon net een keer weer voel hoe hy my veilig … Lees verder Oups